Cambridge-sous is ’n sous uit die Engelse kookkuns wat gewoonlik saam met koue vleis bedien word.
Maak 6 ansjovissies fyn saam met 3 hardgekookte eiergele, ’n teelepel kappertjiesaad en ’n klein handjie vol vars dragonblare en kerwel. Gebruik ’n voedselverwerker as jy een het.
Voeg 1 teelepel Engelse mosterd by en geur met peper.
Met die voedselverwerker aan drup jy olie by sodat die sous verdik.
Voeg 1 eetlepel asyn by en proe vir sout en peper.
Geur ’n klein bietjie varsgekapte grasuie en pietersielie by.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns

No comments :
Post a comment