Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/14/2020

Fond brun / Jus brun

4 kg vleisbene, dit kan bene van kalfsvleis ook wees
4 eetlepels botter
4 wortels, in dun skywe gesny
4 uie, in stukke gekap
7 liter koue water
4 stokke seldery in stukke gekap – die blare kan aanbly
2 preie, in stukke gekap
1 raap, in kwarte gesny en ’n naeltjie in elke kwart gesteek
4 knoffelhuisies
’n bouquet garni
15 peperkorrels

Voorverhit die oond tot 260°C.

Plaas die bene in ’n oondpan en verbruin in die oond vir 1 uur.

Intussen verhit jy die botter in ’n swaarboompot en plaas die uie en wortels daarin. Verbruin alles oor hoë hitte.
Voeg nou die bene en die res van die bestanddele by en bedek met die water. Bring tot kookpunt.

Verlaag nou die hitte en prut vir 3½ uur. Skep enige skuim af wat in die tyd bo-op vorm.

Gooi alles deur ’n sif en behou die vloeistof. Laat dit afkoel tot kamertemperatuur voor jy dit in die yskas plaas.
Verwyder enige vet van die oppervlak wanneer dit ordentlik verkoel het.


Jy kan ook die fond brun afkook tot ’n glaseersel.

No comments :

Post a Comment