Hierdie omelette word as nagereg bedien.
’n verskeidenheid vars vrugte in dun skywe gesny, byvoorbeeld 1 perske, 4 aarbeie en 1 piesang
1 dun skyfie pynappel
2 eetlepels rum / kersielikeur / lemoenlikeur
Gesifte versiersuiker
Soufflé-mengsel
3 eiergele
1 eetlepel strooisuiker
2 eetlepels slagroom
4 eierwitte
Berei ’n soufflé-bak en stel die oond op 190°C.
Gooi al jou vrugte saam in ’n bak en gooi jou alkohol oor. Besprinkel met versiersuiker na smaak. Bedek en laat 30 minute staan.
Room die eiergele en strooisuiker saam.
Voeg die room by.
Klop die eierwitte tot styf en vou met ’n metaallepel by die mengsel in.
Skep ⅓ van hierdie mengsel in die soufflé-bak. Sit die helfte van die vrugte bo-op. Bedek die vrugte met nog ’n ⅓ van die mengsel, daarna ’n laag vrugte en dan die res van die mengsel.
Bak 15 tot 20 minute lank. Besprinkel die soufflé na 12 minute met 2 eetlepels gesifte versiersuiker en bak vêrder om die suiker te karamelliseer.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment