Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/28/2020

Franse Vleismarinade / French Meat Marinade

’n Marinade is nie net veronderstel om vleis te versag nie, dit moet ook ’n aangename geur verleen. En moenie dat iemand jou probeer oortuig dat jy asyn kan gebruik in plaas van wyn nie. Hier is ’n ou Franse formule vir ’n ordentlike marinade:

½ koppie brandewyn
Koppie rooiwyn
1 wortel, in skywe gesny
1 ui, in skywe gesny
Sout
Peper
Tiemie
Roosmaryn
Lourierblaar

Hou jou vleis hierin vir ten minste 4 uur, maar jy kan dit vir so lank as 4 dae hierin laat lê. Draai gereeld die vleis om.

Moenie die marinade weggooi nie. Jy kan dit altyd afkook tot ’n sous vir jou vleis.


(foto: Jeremy Keith)

No comments :

Post a Comment