Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/14/2021

Nartjie-marmelade

18 vasteskil-nartjies
6 suurlemoene
2,8 liter water
1,4 kg suiker

Sny die vrugte middeldeur en druk die sap uit.
Verwyder die vrugte se middelste vliesies en pitte.
Plaas die vliesies en pitte in 280 mℓ water om te week.

Snipper die vrugte se skille baie fyn.
Plaas dit saam met die orige water en vrugtesap in ’n houer om oornag te week.

Dreineer die volgende dag die water van die pitte en vliese. Gooi die water by die sapmengsel. Kook dit in ’n konfytkastrol vir 1 uur.

Voeg die suiker by en verlaag die hitte. Kook stadig tot die suiker opgelos het.
Kook dan vinnig tot die marmelade begin stol.
Skep nou die skuim af en skep dan in warm, droë flesse.
Plaas ’n waspapier-sirkel op elke fles en bedek met ’n groot sellofaan-sirkel. Maak dit vas met ’n rekkie of toutjie. Plaas die deksel op en bêre in ’n koel, droë plek.

No comments :

Post a Comment