Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2021

Kweperkonfyt / Quince Jam

4 kwepers, vryf die donse af en rasper die kwepers met skil en al
1500 mℓ suiker
500 mℓ water

Gooi die suiker en water in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy aanhoudend roer. Die suiker moet oplos voor die water kook.

Voeg die kwepers by wanneer die stroop begin kook.
Meng goed en laat dit oop kook vir 30 minute. Roer af en toe.

Bottel warm in gesteriliseerde flesse.


No comments :

Post a Comment