Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/11/2021

Waar rape en saki mekaar vind

Die R-afdeling van ons A tot Z Verklarende Woordeboek vir Kookkuns is voltooi.

Daar is inskrywings van A tot Z en die lys word deurlopend bygewerk. A tot R is voorlopig voltooi.

R begin met raap (turnip). ’n Raap is ’n tipe wortelgroente met ’n effense soet smaak. Terloops, indien jy gedink het rape kan nie lekker wees nie, probeer hierdie raap- en appelgebak.

Die afdeling eindig met ryswyn, beter bekend as saki. Saki is ’n Japannese alkoholiese drank wat uit rys vervaardig word.

Dit is een van die mees volledigste woordelyste van sy soort in Afrikaans. Die lys bevat ook relevante kookkuns terme uit Frans, Duits, Italiaans, Spaans, Latyn en ander tale. Daar word tans gewerk aan S.

No comments :

Post a Comment