2 varkfilette, in dun repe gesny
6 repe spek, in dun repe gesny
1 ui, opgesny
1 knoffelhuisie, gekap
60 g botter
300 g sampioene
Sout en peper
3 mℓ tiemie
3 mℓ marjolein
300 mℓ suurroom
50 mℓ gekapte pietersielie
beurre manié
Soteer die ui en knoffel stadig in die botter tot sag.
Voeg die sampioene by. Vermeerder die hitte en braai dit vinnig tot die meeste vloeistof weggekook het.
Voeg die spek by en braai dit vinnig.
Voeg nou die filette, smaakmiddels en kruie by en roer dit deeglik. Die vleis moet verbruin, maar nie te veel kook nie.
Voeg die room by en verhit tot kookpunt en verdik die sous met beurre manié.
Bedien die gereg met klein gebraaide aartappeltjies.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
6/15/2022
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment