Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/07/2022

Die Stellenbosch Craft Drinks Festival 2022

 Die Stellenbosch Craft Drinks Festival het in 2012 begin as `n spesiale geleentheid om spesifieke craft (handwerk) biere bekend te stel aan `n belangstellende mark. Deur die jare het dié gesellige fees naam gemaak as een van die jaarlikse sosiale hoogtepunte in Stellenbosch. Dit is nou al `n tradisie! Die SCDF bestaan hoofsaaklik uit `n kombinasie van die nuutste en gewildste craft (handwerk) biere, asook `n verskeidenheid kosstalletjies en heeldag musiek-vermaak en dit word aangebied in een van die heel mooiste buitelug plekke in Stellenbosch, die Jan Marais Natuurreservaat.


Die SCDF is opgewonde om vir sy 10de verjaardag nou ook `n groot verskeidenheid craft (handwerk) drankies aan te bied. Dit is nie net meer biere wat deesdae fyner verwerk, gedistilleer en gebrou word nie, maar ook wyn, seltzers, liqueurs en dies meer. SCDF skep `n platform vir gewilde asook opwindende nuwe handelsmerke om hul spesiale brousels aan te bied. Die craft- bier (handwerkbier) ervaring het mikrobrouery en mikrodistillering die afgelope paar jaar na `n nuwe vlak geneem. Nou sien mens ook die opkoms van handwerk-jenewer, asook agave- gebaseerde rum ensovoorts. Vanjaar is daar ook `n nie-alkoholiese kelkiekroeg wat`n verskeidenheid vars sap-gebaseerde- en nie alkoholiese drankies aanbied.

Daar is iets van alles! Daarbysaam is daar heerlike kosstalletjies, asook van die beste geroosterde koffie in Stellenbosch. Die SBDF fees is geskik vir die hele gesin. Bring familie en vriende en kom om alles wat hierdie besonderse fees bied te geniet.

Daar is genoeg sitplekke en skaduwee, asook speelplek vir kinders. Feesgangers is welkom om ook hulle eie kampstoele, sambrele of gazebos te bring om nog meer gerieflik vir die dag te kan uitspan. Diegene wat voormiddag daar aankom kan ook deur die pragtige park loop om die dag lekker vroeg aan te pak.

Die hekke maak 11h00 oop en die musiek-vermaak is vanaf 12h00.

Kaartjies is beskikbaar deur Quicket: https://qkt.io/oufNWA

KAARTJIES AANLYN VERKOPE

Volwassene kaartjie sluit bierbeker in: R150

Volwasse kaartjie, bring eie bierbeker: R110

Kinders ouderdom 12 - 17: R70 (Nota: geen alkohol verkope aan kinders onder 18.)

Kinders onder 12 – gratis toegang. (daar is ook `n speel-area vir kinders.)

Nota: R5 fooi word geheg vir kaartjies wat aanlyn deur Quicket gekoop word.

KAARTJIES BY DIE HEK

Volwasse sonder bierbeker: R150

Bierbekers: R50.

Kinders 12 – 17: R80. (Nota: geen alkohol verkope aan kinders onder 18.)

Kinders onder 12 – gratis toegang.



No comments :

Post a Comment