Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/30/2022

Bergsig hoender

1 gaar hoender, fyngemaak
2 uie, in halwe skywe gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
200 g spek, gesnipper
1 blikkie sampioene
½ pak spaghetti, in 4 gebreek en in hoenderaftreksel gekook
Sout en peper
1 koppie gerasperde cheddar
1 eetlepel gemengde kruie of gemengde speserye
Olie vir braai

Braai die uie tot goudbruin.
Voeg die soetrissie en spek by en braai tot die spek gaar is.
Roer die res van die bestanddele by en gooi in ’n oondskottel. Geur met sout en peper.

Laat in ’n 180°C oond prut vir ’n uur.

Bedien saam met ertjies en ’n slaai of gewoon net op rys.


No comments :

Post a Comment