Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/15/2023

Hoender gebak met sojasous en sjerrie / Chicken with Soy and Sherry

’n Geurige, eenskottel hoendergereg wat maklik voorberei word.

1 kg hoenderstukke
Kookolie
1 ui, gerasper
3 knoffelhuisies, gekneus
1 stuk gemmerwortel, gerasper
50 mℓ sojasous
50 mℓ soet sjerrie
5 mℓ kerriepoeier

Verbruin die stukke hoender aan alle kante in olie.
Pak dit dan in ’n enkel laag in ’n bakskottel.
Strooi die ui, knoffel en gemmer oor.
Meng die res van die bestanddele en 25 mℓ kookolie saam en giet oor die hoender.
Bak 45 minute by 180°C oond.

Verlaag die hitte na 160°C en keer die hoender om. Bak nog 30 minute tot dit sag is en ’n mooi bruin kleur het.


Gooi van die sous onder in die skottel oor wanneer jy dit voorsit. Bedien met ’n slaai en gebakte aartappels.

Die resep is genoeg vir 6 persone.

No comments :

Post a Comment