Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/29/2023

Brood & botter en Marinda kook met blikkies en pakkies

Ná 21 jaar as sjef en vele restaurantsuksesse verskyn Nic van Wyk se eerste kosboek. Hy verdeel dit in onthoukos, restaurantkos en hartskos. Hy glo kos moet self praat sonder dat dit nodig is vir allerhande fieterjasies. In die restaurantafdeling raak die kos spoggeriger en hier gee Nic baie aandag aan tegniek en die dinge wat kos in ’n ander liga plaas. In haar derde kosboek toor Marinda iets uit niets: Die idee is dat jy sekere blikkies en pakkies altyd in die spens aanhou om as basis te gebruik. Sy gee byvoorbeeld ’n resep vir ’n koskaspastei wat jy aanmekaarslaan met skilferkorsdeeg as ekstra. So onthou die blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis en vleis. Kom luister hoe gesels hierdie twee gewilde kosmense met mekaar.

MET Nic van Wyk en Marinda Engelbrecht

3 April 2023, 11:15, Netwerk24-feeskafee, Oudtshoorn

No comments :

Post a Comment