Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/28/2023

Suurlemoensmeer / Lemon Spread

Hierdie resep is genoeg vir ongeveer 500 mℓ suurlemoensmeer.

4 groot, sappige suurlemoene
4 eiers
350 g strooisuiker
225 g koue botter, in blokkies gesny

Rasper die gekleurde skil van die suurlemoene met ’n fyn rasper.
Druk die sap uit die suurlemoene.

Verhit die eiers, suurlemoensap en –skil, strooisuiker en botter oor lae hitte in die boonste deel van ’n dubbelkoker. Roer aanhoudend tot die suiker opgelos is. Klop deurgaans tot dit glansend en dik is – die agterkant van ’n houtlepel bedek.

Verwyder die kastrol van die hitte sodra dit dik is. Hou aan met klop tot dit effens afgekoel het.

Skep die smeer in bottels terwyl dit nog warm is en verseël dit dadelik.

Dit sal sowat twee maande in die yskas hou.

No comments :

Post a Comment