Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/27/2024

Sampioen Shawarma

Hierdie is ’n resep vir ’n vegetariese shawarma. Die idee is om die outentieke geure na te boots.

Jy gaan die volgende bestanddele nodig hê:
250 g knopiesampioene
1 ui, gekap
1 teelepel olyfolie
1¼ teelepel sout
die sap van ’n suurlemoen
1½ eetlepel sojasous
1¾ teelepel gemaalde komyn
4 knoffelhuisies, fyngedruk
2 teelepels paprika
½ teelepel borrie
½ teelepel rissiepoeier
1 teelepel Allspice
½ teelepel peper
¼ koppie humus
Pitas om die sampioene in te bedien saam met gekapte rooi ui, gekapte agurkies, halwe kersietamaties, gekapte kropslaai, ingelegde rooikool en koljander.

Verhit die olyfolie in ’n diep pan.
Voeg die ui, ’n teelepel sout, die sojasous en die helfte van die suurlemoensap by en braai vir 8 minute.
Voeg 1½ teelepel komyn, 3 knoffelhuisies, die paprika, borrie, rissiepoeier, Allspice en peper by. Braai vir 2 minute.
Voeg die humus, res van die suurlemoensap, knoffelhuisies, komyn en sout by en ’n bietjie water. Roer oor lae hitte tot alles baie goed gemeng is.
Bedien in die pitas saam met die vars groente en koljander.

No comments :

Post a Comment