’n Ligte ete vir wanneer jou tyd beperk is ... en goeie gebruik vir tuna in ’n blikkie.
BESTANDDELE
1 blikkie tuna in water, gedreineer
1 ½ eetlepels mayonnaise
4 teelepels sriracha-sous
Varsgemaalde swartpeper, na smaak
Gesnyde komkommers of ander bros groente, in baie dun ringe gesny (opsioneel)
Sesamsaad (opsioneel)
’n Paar repies avokado
’n Gekookte eier
’n Paar druppels lemmetjiesap
Gekapte kropslaai.
STAPPE
Meng die eerste vyf bestanddele saam.
Plaas op kropslaai.
Strooi sesamsaad oor.
Garneer met die avokado en die heel eier.
Drup lemmetjiesap oor.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment