Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/25/2025

Stokvis alla puttanesca

Gebakte visgeregte kan ’n vervelige affêre wees. Nie hierdie een nie! Dink puttanesca-geure in die vorm van 'n eenpan-visgereg. Goed vir jou, maklik om te maak, heerlik.
Puttanesca is ’n Italiaanse sous met tamaties, knoffel, olywe en ansjovis.
Let wel: As jy net fyn tafelsout het, halveer die sout, anders sal dit te sout wees.

BESTANDDELE
600 g baba-aartappels, gehalveer
1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie
½ teelepel sout
¼ teelepel swartpeper
1 medium vinkelbol, gehalveer en in halfmaanvorms gesny (hou die blare vir garnering)
200 g kersietamaties
½ koppie ontpitte Kalamata-olywe
3 knoffelhuisies, fyngekap of -gedruk
3 eetlepels ingelegde kappertjiesaad
3 ansjovisfilette, fyngekap
400 g ingemaakte tamatie, fyngedruk of in blokkies gesny
½ teelepel rissievlokkies
1 teelepel gedroogde oreganum
¼ teelepel sout
¼ teelepel swartpeper
4 x 180g stokvisfilette
½ teelepel sout
¼ teelepel swartpeper
1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie
1 losweg gepakte koppie basiliekruidblare, grof gekap

STAPPE
Verhit oond die tot 220°C of 200°C met die waaier aan.

Meng die aartappels in 'n groot mengbak met die 1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie, ½ teelepel sout en ¼ teelepel swartpeper.
Sprei dit op 'n bakplaat met 'n rand.
Rooster vir 20 minute.

Dan meng jy al die sousbestanddele saam. Die vinkel, kersietamaties, olywe, knoffelhuisies, kappertjies, ansjovis, tamatie, rissievlokkies, oreganum, ¼ teelepel sout en ¼ teelepel swartpeper.
Voeg dit by die bakplaat, meng dit met die aartappels en plaas dit terug in die oond vir 10 minute.

Droog die vis droog met papierhanddoeke. Sprinkel elke kant met die ½ teelepel sout en ¼ teelepel swartpeper.
Plaas die vis bo-op die puttanesca-sous. Bedruip oral met die 1½ eetlepel ekstra suiwer olyfolie.
Bak vir 15 minute of tot die vis gaar is (dit behoort maklik te vlok).

Bedien: Verwyder uit die oond. Bedruip met nog 'n bietjie olyfolie, sprinkel die basilie en die vinkelblare oor en bedien met ’n warm brood.

No comments :

Post a Comment