Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/14/2025

Eiers geposjeer in rooiwyn / Oeufs à la Bourguignonne

Dit is ’n heerlike gereg vir 'n ligte aandete of 'n winter-middagete, en kan meer substansieel word as dit versier word met gestoofde uie, en gesoteerde of gebraaide sampioene. Bedien dit met 'n ligte rooiwyn. Tradisioneel word die eiers in die wyn geposjeer, maar dit kan ook in aftreksel gaarmaak word.

BESTANDDELE
2 koppies bouillon of ’n vegetariese aftreksel
2 koppies goeie, jong rooiwyn
8 baie vars eiers
½ lourierblaar
3 pietersielietakkies
¼ teelepel tiemie
1 knoffelhuisie, fyngedruk
1 eetlepel gekapte stingelui
’n knippie rooipeper
’n knippie peper
1½ eetlepel saggemaakte botter
2 eetlepels meel
2 eetlepels sagte botter

STAPPE
Bring die aftreksel en wyn tot kookpunt en posjeer die eiers daarin. Verwyder die eiers na ’n vuurvaste bak, voeg 6 mm van die vloeistof by en hou eenkant. Ongeveer 5 minute voor opdiening, plaas die bak onbedek oor pruttende water om die eiers weer op te warm.

Nadat die eiers geposjeer is, voeg die kruie, knoffel, stingelui en speserye by die wyn en kook dit vinnig totdat dit tot 2 koppies verminder het. Verwyder die pietersielie en lourierblaar.

Meng die 1½ eetlepel botter en meel tot ’n gladde pasta – Beurre manié. Verwyder van die hitte en klits dit met 'n draadklitser by die wynmengsel. Kook vir 30 sekondes.

Net voor opdiening, verhit die sous weer tot dit prut. Verwyder van die hitte en klits die 2 eetlepels botter by.

Bedien die eier op roosterbrood, skep die sous oor en garneer met pietersielie.

No comments :

Post a Comment