Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/06/2025

Eiervrug met knoffel en parmesaan

’n Vinnige en eenvoudige resep eiervrug smaaklik te maak. Dis genoeg vir 4 persone en kan op verskeie maniere gebruik word.

BESTANDDELE
3 eetlepels ekstra suiwer olyfolie
1 groot eiervrug, in klein blokkies gesny
½ teelepel varsgemaalde swartpeper
2 lourierblare
½ teelepel rooipeper
4 knoffelhuisies, fyngekap
¼ koppie vars gerasperde parmesaan
2 eetlepels gekapte pietersielie, basilie of grasuie
½ teelepel sout

STAPPE
Verhit die olie in 'n groot kleefvrye pan oor medium-hoë hitte.
Voeg die eiervrug by en geur met die swartpeper, lourierblare en rooipeper.

Verlaag die hitte tot medium. Roer af en toe ... en saggies, totdat die eiervrug sag en goudbruin om die kante is, ongeveer 15 minute. As jy te gereeld of te aggressief roer, sal die eiervrug te erg opbreek. Jy wil hê die eiervrug moet die vorm sovêr moontlik behou.

No comments :

Post a Comment