Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/26/2025

Tamaties gevul met broodkrummels, kruie en knoffel / Tomates à la provençale

Een van die smaaklikste maniere om tamaties te bedien, is à la provençale. Hulle pas ook omtrent by alles: biefstuk, tjops, gebraaide beesvleis, lam, gebraaide of geroosterde hoender en geroosterde makriel, tuna, sardientjies, haring of swaardvis. Hulle kan ook 'n warm hors d'oeuvre wees, of eiergeregte vergesel. Die volgende resep is genoeg vir 6 persone.

BESTANDDELE
6 ferm, ryp, rooi tamaties
Sout en peper
2 knoffelhuisies, fyngedruk
3 eetlepels gekapte salotte
4 eetlepels gekapte vars basiliekruid en pietersielie
⅛ teelepel tiemie
Groot knippie peper
¼ koppie olyfolie
½ koppie krummels van vars witbrood

STAPPE
Voorverhit die oonde oond tot 400ᵒC.

Verwyder die stingels en halveer die tamaties in die helfte.
Druk die sap en pitte liggies uit.
Strooi sout en peper oor.

Meng die res van die bestanddele en ¼ teelepel sout
en ‘n groot knyp peper in ’n mengbak.

Vul elke tamatiehelfte met ’n lepel of twee van die mengsel.
Drup ’n paar druppels olyfolie oor.
Rangskik die tamaties in ‘n vlak, geoliede braaipan net groot genoeg om die tamaties maklik in een laag te hou.
Net voor jy dit gaan bedien, plaas jy dit in die boonste derde van die voorverhitte oond en bak vir 15 minute, of totdat die tamaties sag is en die broodkrummelvulsel liggies verbruin het – die tamaties moet hul vorm behou.

No comments :

Post a Comment