Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/24/2025

Fyngemaakte sampioene gebraai in botter / Duxelles

Duxelles is 'n droë sampioenmengsel wat gebruik word vir vulsels en souse.

Die resep is genoeg vir ongeveer 1 koppie.
BESTANDDELE
250 g fyngemaalde vars sampioene – ongeveer 2 koppies
2 eetlepels fyngemaalde salotte
2 eetlepels botter
1 eetlepel olie
Sout en peper na smaak

STAPPE
Druk die sap sovêr moontlik uit die sampioene met ’n kombuishanddoek.

Soteer die sampioene en salotte in die botter en olie oor matig hoë hitte in ’n pan - roer gereeld. Na 6 tot 8 minute behoort die sampioen van mekaar te begin skei en liggies te verbruin.

Geur met sout en peper.

No comments :

Post a Comment