Aillade 'n Franse sous waarop beide die mense van Languedoc- en Provence-streke van Frankryk aanspraak maak. Dit bestaan tipies uit knoffel en neute (soos okkerneute of pistasieneute) wat fyngedruk of gemeng word, geëmulgeer word met olyfolie of okkerneutolie, en afgerond word met vars kruie. As gevolg van die helder, knoffelagtige en neutagtige geur, is aillade ongelooflik veelsydig. Dit word tradisioneel by kamertemperatuur bedien met gebraaide of geroosterde vleis (veral eend en lam), oor geroosterde brood met bokmelkkaas gesmeer, of oor gestoomde groente en pasta.
⅔ koppie neute
2 knoffelhuisies
¼ teelepel sout
Gerasperde skil van ’n suurlemoen
½ koppie olyfolie
’n Skeut suurlemoensap
Rooster die neute in die oond by 200ᵒC tot dit begin verbruin.
Kap dit fyn.
Stamp die knoffel fyn saam met die sout.
Voeg die neute by en stamp.
Klop die suurlemoenskil, olyfolie en suurlemoensap by.
Proe vir sout.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment