Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/27/2026

Kamma Caesar slaai / Pseudo Caesar Salad

BESTANDDELE
1 knoffelhuisie
⅛ teelepel sout of meer na smaak
2 ansjovisfilette
1 gaar eiergeel
sap van ½ suurlemoen
1 teelepel Dijon-mosterd
⅓ koppie gerasperde parmesaan
¼ koppie olyfolie

STAPPE
Stamp die knoffel in 'n vysel tot 'n pasta met die sout.

Voeg die ansjovis, eiergeel en mosterd by en stamp of klop.

Voeg die suurlemoensap by, dan die parmesaan en voeg dan die olyfolie geleidelik by terwyl jy dit klits.
Proe. Dit moet baie sterk wees! Sit voor met blare wat effe bitter is.

No comments :

Post a Comment