BESTANDDELE
1 eetlepel fyngekapte stingeluie
sout, na smaak
2 teelepels suurlemoensap of witwynasyn
8 gaar en afgedopte garnale, in happiegrootte gesny
½ selderystingel, in stukkies gekap
¼ koppie Griekse jogurt
1 eetlepel mayonnaise
1 eetlepel vars kruie, gekap (soos byvoorbeeld pietersielie, vinkel of dragon)
varsgemaalde swartpeper, na smaak
STAPPE
Meng die stingeluie, sout en suurlemoensap (of asyn) in 'n klein bakkie.
Laat staan vir 10 minute.
Meng die garnale, seldery, jogurt, mayonnaise, kruie en swartpeper.
Voeg die gedreineerde uie by.
Proe of daar genoeg sout en suur is en pas aan indien nodig.
Heerlik op blaarslaai of in 'n geroosterde, gesmeerde worsbroodjie of ander sagte broodjie.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment