Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/21/2026

Portugese eiers

BESTANDDELE
2 eetlepels goeie olyfolie
1 eetlepel dun gesnyde of gekapte ui
½ teelepel sout
1 knoffelhuisie
2 eiers, geklop saam met 2 eetlepels olyfolie
½ koppie gaar vis, gevlok
gekapte pietersielie en/of gesnyde olywe (opsioneel).

STAPPE
Verhit 'n pan. Voeg ongeveer 1½ eetlepel olyfolie by. Voeg die ui en 'n bietjie van die sout by en soteer oor matige hitte totdat dit net sag is, ongeveer 3 minute lank.
Klop dan die oorblywende sout en die knoffel by die eiermengsel.
Voeg die vis by die ui en meng liggies deur.
Voeg nog 'n bietjie olyfolie by, gevolg deur die eiermengsel en roerbraai oor lae hitte.

Verwyder van die hitte en garneer met gekapte pietersielie en/of 'n paar gesnyde olywe.

No comments :

Post a Comment