Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Showing posts with label krap. Show all posts
Showing posts with label krap. Show all posts

5/30/2016

Krapsous

Krapsous is veral geskik vir seekos.

25 mℓ mielieblom
30 mℓ water
15 mℓ olie
5 mℓ gerasperde gemmer
2 stingeluie, in stukkies gesny
5 mℓ droë sjerrie
’n klein blikkie krapvleis – ongeveer 165 g
310 mℓ hoenderaftreksel
60 mℓ melk

Meng die mielieblom en water in ’n bakkie en hou eenkant.

Verhit die olie in ’n souspan oor medium hitte.
Gooi die gemmer by en roer vir 10 sekondes.
Gooi die stingeluie, sjerrie en krapvleis by en roerbraai vir 1 minuut.
Gooi die aftreksel en melk by en bring tot kookpunt.
Roer die mielieblom-mengsel by die sous. Kook, terwyl jy aanhoudend roer tot die sous begin verdik.



(foto: Allerina & Glen MacLarty)

11/25/2014

Pasta met krapvleis en kruie

1 knoffelhuisie, fyngedruk
30 mℓ fyngekapte pietersielie
2 blikkies (180 g) krapvleis
225 g pasta
75 mℓ olyfolie
45 mℓ botter
1 ui, fyngekap
1 wortel, fyngekap
60 mℓ vars geskeurde basiliekruid
15 mℓ suurlemoensap
125 mℓ gekapte dennepitte
2 mℓ sout

Kook die pasta volgens aanwysings en hou dit dan eenkant.

Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die ui, knoffel en wortel daarin oor medium hitte. Die groente moet sag wees, maar nie verbruin nie.
Stel die hitte nou nog laer en roer die pietersielie, krap, basiliekruid en suurlemoensap by. Roer aanhoudend terwyl jy dit kook vir 4 minute.
Roer die dennepitte en sout by.

Gooi die sous oor die pasta, meng en bedien.