Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/11/2008

1-2-3 Pepperment tert / 1-2-3 Peppermint Crisp Tart

2 x 250ml vars room
1 caramel kondensemelk
2 Peppermint Crisps
1 pakkie tennisbeskuitjies

Lê die tertbak uit met heel tennisbeskuitjies.
Neem vars room en klits styf. (net kort van botter. hehehe :-) )
Voeg dan caramel kondensmelk by en klits vlugtig. Neem 1 peppermint sjokolade wat fyn gebreek is en voeg in mengsel en klits vlugtig.
Gooi mengsel in tertbak.
Neem laaste peppermint sjokolade en strooi bo oor. Los in yskas vir 20 minute.

Let wel : beste smaak deur dit oornag te laat week. Wees gewaarsku, jou vriende sal jou boesemvriende word vir nog van die tert.

Kan ook die peppermint vervang met Aero sjokolade.

bydrae: Louis Lubbe

No comments :

Post a Comment