'n Drankie wat al so deel is van Suid-Afrikaanse kultuur soos brandewyn en Coke.
'n Bestelling van een *Dom Pedro (of *Don Pedro) sal die kelner dadelik laat vra: "Met whisky of Kahlua?"
Dit word meesal sommer in 'n voedselverwerker gemaak met:
30 ml Whisky / Kahlua
15 ml room
250 ml vanilla roomys
Verwerk al die bestandele vinnig saam in die voedselverwerker.
Bedien in 'n lang sjampanjeglas met 'n kort strooitjie.
* Don Pedro is Spaans, terwyl Dom Pedro Portugees is.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment