Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/11/2008

Lekkerste skaapboud / Delicious lamb

Hier is 'n lekker variasie op die gewone skaapboud - en dit is absoluut val-van-die-been-af lekker!

Berei die boud net voor jy gaan slaap - dan maak jy môre-oggend net jou bygeregte. As dit 'n aandete is, berei die boud vroegoggend. Jy kan gaan werk met 'n geruste hart. Die boud brand nie teen so 'n lae temperatuur nie, en as dit nie bedek word nie, verloor dit amper geen vloeistof nie.


1 lekker skaapboud (+-2kg)
growwe sout
50-100g klein stukkies spek (opsioneel)
vars roosmaryn - probeer redelike stewige stokkies roosmaryn koop as jy nie jou eie bos het nie, en 'n paar kleiner stukkies (breek die toppe van jou takkies af)

Sit jou oond op 100 grade C.
Vryf die boud goed met die growwe sout - moet nie te veel gebruik nie -'n eetlepel behoort genoeg te wees.
Sny klein gleufies in jou boud en druk stewige roosmarynstokkies so diep in as wat jy kan. Die stokkies is redelik skerp en behoort maklik in die boud te steek. Lig die vetlagie hier en daar en druk stokkies oral onder-in. Maak seker dat daar roosmaryn in die middel van die boud kom. Druk die kleiner stukkies roosmaryn saam met stukkies spek in die kleiner holtes van die vleis. Maak ook hier en daar 'n gleufie en stop dit vol spek.
Sit die boud, sonder om te bedek, in die oond.
Los die boud vir so 7 ure teen 100 grade en draai dan om. Stel die oondtemperatuur nou na 140 grade vir sowat 30 minute. Draai die boud weer om (soos dit oorspronklik was) en stel die oond op 180 grade vir sowat 30 minute.
Haal die boud uit die oondpan. Sny klaargekookte klein aartappeltjies in die helfte en meng goed met die vleissap wat in die pan agtergebly het. Rooster onder 'n warm element vir sowat 5 minute.

Die vleis is murg-sag en absoluut heerlik!

bydrae: Celeste Grobler


(foto: David Singleton)

No comments :

Post a Comment