Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/01/2008

Aligot / Fynaartappels met knoffel en kaas

Aligot is 'n klassieke Franse dis, oorspronklik van die Auvergne-streek in Frankryk.

Kook 1 kg opgesnyde aartappels baie stadig sag in 'n kastrol saam met botter. Maak die aartappels fyn. Voeg 2 knoffelhuisies by wat fyn opgesny is. Voeg een eetlepel olyfolie by en begin roer terwyl jy genoeg melk bygooi om 'n purée te maak. Oor baie lae hitte sit jy 600 g Cantal kaas by wat in baie dun skywe gesny is. Roer dit verwoed met 'n houtlepel tot die kaas gesmelt het en jy 'n elastiese purée het.


No comments :

Post a Comment