Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/01/2008

Aïoli / Mosterd en knoffel mayonnaise

Hierdie klassieke Provensaalse mayonnaise se naam beteken ai (knoffel) en oli (olie).

Stamp 8 halwe knoffelhuisies fyn saam met 1 eiergeel en sout en peper. Plaas in 'n voedselverwerker en drup stelselmatig 250 ml olyfolie by terwyl dit meng. Die sous is reg wanneer dit glad en eenvormig is.

Resep 2

'n knippie safraantoutjies
3 knoffelhuisies, fyngedruk
2 eiergele
1 eetlepel Dijon-mosterd
300 ml olyfolie
suurlemoensap

Gooi een eetlepel kookwater oor die safraan in 'n klein bakkie en hou eenkant. Plaas die knoffel, eiergele en mosterd in 'n voedselverwerker en maak fyn, terwyl die olyfolie met 'n dun straaltjie bygevoeg word. Voeg die safraan, suurlemoensap en sout en peper na smaak by. Bedek en in die yskas sal dit vir twee dae hou.

No comments :

Post a Comment