Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/01/2008

Ambrosia / Likeur van brandewyn, witwyn en speserye

In die Griekse en Romeinse mitologie is dit die stof wat, saam met nektar, die spys en drank van die gode uitgemaak het en onsterflikheid verleen aan wie daarvan eet. Dit is ook die naam van hierdie likeur.

Laat week 80 g koljander, 20 g anyssaad, 20 g naeltjies in 10 liter eau-de-vie (brandewyn) vir 'n maand. Filtreer dit en voeg by 5 liter witwyn en 'n stroop gemaak van 5 kg suiker en 6 liter water.

No comments :

Post a Comment