Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2008

B Glossarium, Woordelys van kookterme - voedsel en wyn

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
ba-ta-clan
’n Koek waarvan die hoofbestanddeel vars, gemaalde amandels is. Die koek word met fondant oorgetrek.

baardman
’n Baardman is ’n seevis. Een van die kleiner lede van die kabeljou-groep.

baars
’n Stekelvinnige riviervis wat skubbe met getande rande het.

baba
Die Poolse naam vir ’n suurdeeg koek wat rosyne bevat en deurweek is met alkohol.

baba au rhum [ba-ba ou rum]
Savarin met rosyntjies in die koekmengsel en rum in die stroop. (rumbaba)

babka
’n Tradisionele Poolse brood gemaak met rosyne wat in rum gedoop is en ’n dun lagie versiersel.

baber
’n Groot varswatervis sonder skubbe met baard om die bek. (moggel)

backenoff [by-ke-nof]
’n Bredie uit die streek Elsas in Frankryk. Die bredie bestaan uit verskeie soorte vleis en het die naam omdat die bakker die werkers se bredies in ’n oond (ofen) gebak (baeken) het. (baekenofe)
Backenoff resep

baekenofe [by-ke-nof]
’n Bredie uit die streek Elsas in Frankryk. Die bredie bestaan uit verskeie soorte vleis en het die naam omdat die bakker die werkers se bredies in ’n oond (ofen) gebak (baeken) het. (backenoff)
Baekenofe resep

bagel
’n Ringvormige, blink rolletjie gemaak van deeg.
Bagel resep

bagelino
’n Broodrolletjie bestrooi met sesamsaad. Dis iets tussen ’n bagel en ’n pretzel.

bagna cauda [ban-ja kjauda]
Die sous is ’n spesialiteit van 'n streek in Italië, Piemonte. Bagna cauda word warm bedien vir ’n aptytwekker saam met rou groente wat daarin gedoop word. Die naam is afgelei van bagno caldo, Italiaans vir warm bad.
Bagna cauda resep

Bagnes [bag-nis]
’n Plat, ronde, Switserse kaas gemaak van koeimelk. Op 3 maande is dit gereed vir gebruik, ferm met ’n vrugtige smaak. Die naam is van die Bagnes-vallei waar dit oorspronklik vandaan kom. Dit is veral bekend vir die gebruik by raclette.

bagration [ba-ghra-tie-ôh]
Verskeie disse dra hierdie naam, geïnspireer deur die Franse prinses Bagration; ’n vleis- of vissop of ’n gemende slaai.

Baguette de Thiérache [ba-git de tee-jee-ra-ge]
’n Sagte, geurige, Franse kaas met ’n rooibruin skil. (Baguette laonnaise)

Baguette laonnaise [ba-git lao-nez]
’n Sagte, geurige, Franse kaas met ’n rooibruin skil. (Baguette de Thiérache)

báhn mi [ban mie]
’n Viëtnamese toebroodjie wat gevul word met bestanddele soos piekelgroente, vleis en rissies.

bahut [ba-hoet]
Die Franse naam vir ’n diep, silindervormige bak met handvatsels gemaak van ’n metaal. Dit word gebruik om gaar voedsel in te stoor.

bain-marie [bêhn-ma-rie] (double boiler)
Silindervormige bakke met handvatsels gemaak van ’n metaal wat op ’n waterbed lê (water-bath). Die water word verhit of verkoel, soos benodig. Die voedsel wat daarin gehou word is gewoonlik reeds gaar. Daar is verskeie groottes en vorms, soos benodig in die kookkuns.
Dié Franse woord kan ook verwys na ’n dubbelkoker; ’n kastrol met water in die onderste helfte (double boiler).

baiser [bê-sê]
’n Petit four wat bestaan uit twee klein meringues wat met botter, room of roomys aanmekaar geplak word.

bak (bake)
Voedsel gaarmaak met hitte.

bakbos
Enigeen van verskeie struike waarvan die takke as brandhout in bakoonde gebruik word. (oondbos, windmakerbos)

bakkersvla (pastry cream)
Bakkersvla is ’n vlavulsel wat as ’n vulsel vir terte en koeke gebruik word.

baklava
Baklava is ’n Midde-Oosterse tert gemaak van lae pasteideeg, met neute en heuning of stroop. Die woord word ook gebruik vir ’n soort soet koek.
Baklava resep

bakolie
Enige olie waarmee gebak kan word.

bakoond
’n Oond waarmee gebak word.

bakpan
’n Metaalplaat waarin brood gebak word.

bakplaat
’n Metaalplaat waarop brood of koekies gebak word.

bakpoeier (baking powder)
’n Poeier wat gebruik word om deeg te laat rys.

baksel
’n Klomp eensoortige gebak wat saam gebak is.

baksoda
Soda waarmee gebak word.

bakvet
Vet waarmee gebak word.

ballonklitser (whisk)
Kombuisgereedskap met draadlusse wat gebruik word om lug in eiers, room, beslag of souse te klop. (klopper)

ballotine [ba-lô-tien]
Ballotine is ’n Franse gereg wat ontbeende vleis bevat en opgerol is in ’n balletjie - met of sonder vulsel.

Bambara-grondboontjies
Bambara-grondboontjies is die eetbare sade van die plant Voandzeia subterranea. (angola-ertjies)

Baltasar
Die naam word gebruik om ’n groot feesmaal te beskryf of, meer gereeld, ’n groot bottel sjampanje. So ’n bottel se inhoud is gelykstaande aan 16 gewone wynbottels. Die naam kom van die laaste koning van Babilon wat ’n feesmaal vir duisende gehou het.

bamboche [bom-bish]
’n Franse beskrywing vir gebraaide kabeljou.
Kabeljou en bamboche

bamboes
’n Tropiese grassoort waarvan sekere dele geëet word.

bamboesloot (bamboo shoot)
Jong loot van die bamboesplant wat gebruik word in veral Chinese geregte.

banana [baa-naan] (banana)
Frans vir piesang.

Banbury-tert (Banbury tart / Banbury cake)
’n Tradisioneel Engelse tert gevul met gemaalde koekvrugte, lemoen- of suurlemoenskil en rosyne.

Bandol [bon-dwol]
’n Wyn uit die streek Bandol in Frankryk. Vir die rooiwyn en rosé gebruik hulle die volgende varieteite: mourvèdre, cinsaut en grenache. Vir die witwyn: clairette, ugni blanc en bourboulenc.

banketmeelblom
Banketmeelblom is ’n verouderde naam vir koekmeel.

bannock
’n Skotse brood gemaak van garsmeel of hawermout, eiers en melk.

banon [bê-nô]
’n Ronde Franse kaas met ’n sagte tekstuur. Tradisioneel word die kaas toegedraai in kastaiingblare wat in brandewyn geweek is. Die kaas is vernoem na ’n dorp in Frankryk.

banquière [bôn-kjer]
Banquière is ’n ryk garnering wat bestaan uit hoender, sampioene en truffels. Dit word saam met witvleis bedien. Banquière beteken “bankier” in Frans.

banyul [ban-joel]
Banyul is ’n kommune in Roussillion, Frankryk. Hier maak hulle ’n gelyknamige gefortifiseerde wyn, soortgelyk aan port. Tradisioneel word dit van grenache gemaak.

bap
’n Skotse rolletjie of klein broodjie.

Bar-le-duc [bar-le-doek]
’n Beroemde Franse konfyt gemaak van rooi korente.
Meesal gespel Barleduc.

Barack Pálinka
’n Appelkoosbrandewyn, oorspronklik van Hongarye.

Barbaresco [bar-ba-res-ko]
’n Italiaanse rooiwyn gemaak van nebbiolo druiwe.

barbarossa
’n Soort swart tafeldruif.

barbeau [bar-bou]
Frans vir barbeel, soorte eetbare vars- of seewatervisse gekenmerk deur vlesige aanhangsels rondom die bek. (barbel, barbeel)

barbeel (barbel)
Soorte eetbare vars- of seewatervisse gekenmerk deur vlesige aanhangsels rondom die bek. (barbeau, barbel)

barbel (barbel)
Soorte eetbare vars- of seewatervisse gekenmerk deur vlesige aanhangsels rondom die bek. (barbeau, barbel)

barbera
’n Italiaanse druifsoort waarvan ’n wyn met dieselfde naam gemaak word.

barbouille [bar-boe-jie]
’n Franse beskrywing vir 'n sekere voorbereiding van haas of hoender waartydens die dier se bloed net voor opdiening begevoeg word.
Hoender en barbouille resep

barbillon (brill)
’n Plat seevis soortgelyk aan ’n grys tongvis.

barbue [bar-bu]
Frans vir ’n plat seevis, soortgelyk aan ’n grys tongvis. (barbillon)

bardatte [bar-dat]
’n Franse gereg van koolblare gevul met haas of konyn wat toegedraai is in spek.

bardeer (bard)
Om maer vleis, wild of pluimvee met dun repies spek te bedek om uitdroging tydens gaarmaak te voorkom.

Barleduc [bar-le-doek]
’n Beroemde Franse konfyt gemaak van rooi korente. (Bar-le-duc)

barlewiet
’n Graansoort. (kaalgras, kaalgars, kaalkopgars)

Barolo
’n Italiaanse rooiwyn wat gemaak word in die omgewing van die dorpie Barolo in Italië. Dit word gemaak van nebbiolo druiwe.

barquette [bar-ket]
’n Bootvormige Franse tert van broskorsdeeg wat blind gebak en agterna gevul word.

barrakuda (barracuda)
’n Groot diepsee-vis met witvleis.

Barsac [bar-sek]
’n Witwyn uit die omgewing van Bordeaux in Frankryk.

bas
Die buitenste bedekking van die stam en takke van ’n boom.

basielkruid (sweet basil)
’n Oorspronklik Indiese kruid waarvan die blare in kos gebruik word. (basiliekruid)

basiliekruid (sweet basil)
’n Oorspronklik Indiese kruid waarvan die blare in kos gebruik word. (basielkruid)

basmati
Basmati is ’n geurige langkorrelrys wat in Indië en Pakistan gekweek word. Dit word vir ’n jaar lank gestoor na oestyd om die kenmerkende geur te ontwikkel. Dit is beskikbaar in bruin of wit.

bastion
’n Metode om koue kos voor te sit in die vorm van ’n klein toring.

bâtarde [be-tard]
Die Franse benaming vir bottersous.
bottersous resep

bâton [bê-ton]
’n Happie in die vorm van ’n stokkie. Dit word gemaak van blaardeeg. (bâtonnet)

bâtonnet [bê-to-ne]
’n Happie in die vorm van ’n stokkie. Dit word gemaak van blaardeeg. (bâton)

Baumé-skaal
Die skaal word gebruik om die digtheid van die suikerstroop te meet wat uit koring verkry word.

Bavarois [ba-wa-rwha]
Bavarois is ’n ryk vla wat met room gemeng en met gelatien gestol word. (Beierse room, Beierse roompoeding, crème bavarois)
Bavarois resep

bavaroise [ba-war-whaz]
Bavaroise is ’n drankie gemaak van tee, melk en alkohol. Die oorsprong is Beiere in Duitsland.
Bavaroise

Béarnaise [by-ar-nêz]
’n Warm, romerige Franse sous gemaak van eiergeel en asyn. Dit word gewoonlik saam met vis of vleis bedien.
Béarnaise

Béatrix [bea-trieks]
’n Garnering by vleis wat bestaan uit sampioene, wortels, artisjokke en aartappels. Die naam word ook vir ’n soort hoenderslaai gebruik.

Beaucaire [boe-ker]
Die naam word gebruik vir verskeie resepte van die Provensaalse kookkuns.

Beaufort [boe-for]
’n Ronde, ivoorkleurige, Franse kaas gemaak van koeimelk.

Beauharnais [bo-ar-nê]
’n Franse garnering van vleis, gevulde sampioene en artisjokke.
Die naam word ook gebruik vir saggekookte eiers bedien op artisjokke.

Beaujolais [bo-she-lê]
’n Franse rooiwyn gemaak van gamay noir-druiwe.

beauvilliers [boe-wee]
’n Ryk Franse koek waarvan die kenmerkende bestanddeel amandels is. Wanneer dit gaar is word dit in foelie toegedraai om sodoende die koek se leeftyd te verleng.
Die woord word ook gebruik vir ’n garnering gemaak van onder andere botter, tamaties, brein en spinasie.

Béchamel [bê-sja-mel]
’n Witsous (dié witsous) wat gemaak word deur melk by roux te voeg. Die sous is vernoem na die Franse finansier Louis de Béchameil, markies van Nointel. Die sous is 'n aanpassing van 'n oorspronklike resep van 'n sjef van Louis XIV wat dit na Louis de Béchameil vernoem het. Dit word vir ’n groot verskeidenheid geregte gebruik en dien ook as basis vir verskeie souse. (witsous)
Béchamel- / witsous resep.

Bèche de Mer [bek-de-mer]
Franse beskrywing vir ’n seeslak of ’n seekomkommer wat as garnering vir ’n sop gebruik word.

bedek
Bedek in kookkuns kan verskeie dinge beteken: 1) toemaak, byvoorbeeld ’n pot met ’n deksel of kos met water (cover), 2) om stukke kos aan alle kante te bedek deur dit in gegeurde meel of broodkrummels te rol of in ’n mengsel van eier en melk of beslag te doop daarvoor gaargemaak word (coat) en 3) om kos met die gepaste sous te bedek (masking).

bederfbaar
Kos wat sal bederf / sleg word.

bedruip (baste)
Kos met druppels bevogtig.

beenmurg
Die sagte weefsel in die beenholtes van die bene van diere.

beensop
’n Dun, geurige aftreksel gemaak deur geroosterde vleisbene en groente vir ’n paar uur in water te prut.

bees
’n Groot soogdier wat vleis en melk verskaf.

beesfilet
’n Dik stuk vleis aan die rugstring van ’n bees. (beeshaas)

beeshaas
’n Dik stuk vleis aan die rugstring van ’n bees. (beesfilet)

beeskloutjie
Die klou van ’n bees.

beesstert
Voedsame, geurige vleis van ’n bees se stert.

beesvleis
Vleis van ’n bees.

beet (beet, beetroot)
’n Plant met ’n vlesige wortel wat geëet word of waarvan suiker verkry word. Die blare kan ook geëet word.

beetsuiker (beetsugar)
Suiker uit beet verkry.

begrafnisrys
Rys wat met borrie gekleur is.

Beierse room (Bavarian cream)
Bavarois is ’n ryk vla wat met room gemeng en met gelatien gestol word. (Beierse roompoeding, crème bavarois)
Beierse room resep

Beierse roompoeding (Bavarian cream)
Bavarois is ’n ryk vla wat met room gemeng en met gelatien gestol word. (Beierse room, crème bavarois)
Beierse roompoeding resep

beignet [by-né]
Beignet is die Franse woord vir poffertjie.

bekerlappie
’n Lappie wat oor ’n melkbeker gegooi word. Dit is gewoonlik versier met krale ens. Dit is beter bekend as ’n melklappie.

bel (wattle)
Dit is die vleis wat onder die keel van pluimvee hang.

Bel paese [bel pa-hê-sê]
’n Sagte, romerige kaas oorspronklik van Italië. Die kaas is uitgevind deur ene Egidio Galbani. Hy het die kaas vernoem na die titel van ’n boek van Antonio Stoppani. Dit beteken “mooi land”.

beleë (matured)
Verouder om die smaak te verbeter.

Bellet [bie-lê]
’n Klein wynlandgoed in die koppe bo die Var-vallei in Frankryk. Die landgoed is bekend vir geurige rooiwyne, rosés en witwyn. Die rooiwyn en rosé word gemaak van folle en braquet druiwe. Die rooiwyn word gemaak van rolle, roussanne, clairette en chardonnay.

beloega (beluga)
’n Witsteurvis van die Kaspiese of Swart See waarvan die kuit vir kaviaar geoes word. (beluga)

beluga(beluga)
’n Witsteurvis van die Kaspiese of Swart See waarvan die kuit vir kaviaar geoes word. (beloega)

Benedict-eiers (eggs Benedict)
’n Amerikaanse uitvindsel van geposjeerde eiers op snye ham, bedien met ’n Hollandaise-sous bo-oor. (Benedik-eiers)
Benedict-eiers

Benedik-eiers (eggs Benedict)
’n Amerikaanse uitvindsel van geposjeerde eiers op snye ham, bedien met ’n Hollandaise-sous bo-oor. (Benedict-eiers)
eggs Benedict

Bénédictine [benne-diek-tien]
’n Franse likeur, vernoem na die monnike wat dit geskep het. Daar word vertel dat 27 verskillende plante gebruik word in die geheime resep vir die drankie.

Bercy-sous (Bercy sauce)
’n Romerige witsous gemaak van vis-velouté, witwyn, suurlemoensap, pietersielie en salotte. Dit is vernoem na ’n distrik in Parys.
sauce Bercy

bergamot
’n Kruid met ’n sterk geur, verwant aan kruisement. Dit word gebruik vir tee en slaaie.

Bergerac [ber-she-rak]
Wyn uit die Dordogne-streek in Frankryk.

berghaas
’n Grysbruin knaagdier met 'n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Pronolagus ruspestris. (kolhaas)

bergpruim
’n Boom met eetbare bessies wat suursout smaak. (kaambessie)

bergpatat
’n Stamlose plant waarvan die wortels geëet word. (nonna, norra, norretjie, norretjiepatat)

bernagie (borage)
’n Klein struik met helderblou blomme. (komkommerkruid)

beskuit
Gebak wat gewoonlik in die oond uitgedroog word. Die woord is afgelei van die Franse biscuit wat beteken om twee maal te bak.
Beskuit resep

beskuitjie
Dit is die verkleinwoord vir beskuit maar kan ook verwys na fabriekskoekies wat in pakkies of blikke verkoop word.

beslag (batter, dough)
’n Meelmengsel.

besprinkel (sprinkle)
Om ’n nat bestanddeel oor kos te drup.

bessie
’n Vlesige, sappige vrug met ’n sagte skil.

bestrooi (dredge)
Om droë bestanddele oor kos te sif.

bestuif (dust)
Om bestanddele liggies oor kos te strooi.

betterave [bet - raaw]
Die Franse woord vir beet.

beurre [buhr]
Die Franse woord vir botter.

beurre manié [buhr ma-nie]
Gelyke hoeveelhede botter en meel wat saamgeknie is om bredies en souse te verdik. (beurre-manié)
Beurre manie

beurre noir [buhr nhwaar]
Botter wat bruin gebraai word en waarby pietersielie, asyn, kappertjiesaad en ander geurmiddels gevoeg is.

beurre noisette [buhr nhwaa-set]
Die Franse vir gebruinde botter.

beurre-manié [buhr ma-nie]
Gelyke hoeveelhede botter en meel wat saamgeknie is om bredies en souse te verdik. (beurre manié)
Beurre-manie

bevries
Om voedsel tot onder vriespunt te bring. Normaalweg om dit teen bederf te beskerm.

bevrore vla (frozen custard)
’n Sagte roomys.

bhadjie
’n Diepgebraaide spesery-groentepoffertjie. (dhaltjie)

bief (beef)
Vleis van beurre ’n bees ouer as ’n jaar.

bief Stroganoff (beef Stroganoff)
Snytjies beesvleis gaargemaak met uie, sampioene, suurroom en geurmiddels.
bief Stroganoff resep

biefskyf (steak)
’n Dun stuk vleis uit die dikvleis van ’n dier se boud gesny. (biefstuk)

biefstuk (steak)
’n Dun stuk vleis uit die dikvleis van ’n dier se boud gesny. (biefskyf)

bier
’n Alkoholiese drank met ’n effens bitter smaak, gemaak van graan, gis en hop.

bieslook
’n Kruidagtige plant soortgelyk aan ’n ui met dun lowwe en plat knolle. (uiegras, grasuie)

biga [bie-gha]
Biga is die Italiaanse weergawe van pâté fermentée. Gewone brooddeeg wat jy oornag in die yskas laat rys, maar dit bevat geen sout nie. Die deeg word in stukkies geknip en tydens die meng van die brooddeeg bygegooi. Dit word bygevoeg om ekstra smaak en geur te gee.

bijoux [bie-sjo]
Frans vir ’n kleurryke verskeidenheid van oorskietkos wat baie billik gekoop kan word by bordewassers in restaurante. Ook genoem harlequin omdat dit herinner aan die kleurryke kouse van hansworse.

biltong (biltong, jerked meat)
Rou vleis wat in stroke gensy, ingesout en drooggemaak is.

bind
’n Proses waardeur eiers by ’n mengsel gevoeg word om dit te laat kleef.

bindslaai
Blaarslaai met lang, los blare en gekreukelde rante. (cos lettuce of romaine)

binneboud (topside)
Vleis van die agterkwart van 'n bees, sonder die been.

binneskil (pith)
Die wit sponsagtige lagie tussen die skil en vleis van sitrusvrugte. (witskil)

bisk
Dit is ’n ryk sop, veral van kreef gemaak. (bisque, skelvissop).
Bisk resep

bisque [bisk]
Dit is ’n ryk sop, veral van kreef gemaak. (bisk, skelvissop)
Bisque

bistouille [bies-toe-ie]
Die Franse woord vir die beskrywing van ’n mengsel van koffie en brandewyn. (bistrouille, broffie) Die woord word ook gebruik om 'n brandewyn van swak gehalte te beskryf.
Bistouille

bistro
’n Kroeg of ’n klein restaurant.

bistrouille [bies-troe-ie]
Die Franse woord vir die beskrywing van ’n mengsel van koffie en brandewyn. (bistouille, broffie) Die woord word ook gebruik om 'n brandewyn van swak gehalte te beskryf.
Bistrouille

bitki [biet-kie]
’n Klein Russiese vleisfrikkadelletjie. (risool, bitok)

bitok [bie-tok]
’n Klein Russiese vleisfrikkadelletjie. (risool, bitki)

bitoke [bie-tok]
’n Franse gereg van maalvleis wat plat en ovalvormig is. Die Franse het die dis van die Russe gekry.

bitter
’n Bitter vloeistof uit kruie, speserye, bas of bessies wat met alkohol gemeng word om 'n drankie te maak. Dit word algemeen gebruik in likeurs of om smaak te gee aan souse en slaaie. Dit word ook gebruik om die kras smaak in sekere drankies te verminder. Bekende handelsname is Angostura, Campari, Fernet-Branca, Cinzano en Underberg.

bitterkoekie (macaroon)
’n Klein, ronde koekie met bitter amandels. (amandelkoekie, makrol, eierbeskuitjie)
Amandelkoekie resep

bitterlemoen (Seville orange)
’n Lemoen met suur, bitter vleis wat gebruik word om marmelade te maak.

blaarbeet (chard)
’n Wit beet waarvan net die stingels en blare gebruik word.

blaardeeg
’n Vlokkerige deeg wat hoog rys.

blaarslaai
’n Soort groente waarvan die blare vir slaai gebruik word.

blaartert
’n Skilferagtige tert bestaande uit gelyke dele botter en meelblom wat herhaaldelik gerol en teen ’n hoë temperatuur gebak word, waardeur dit blare of skilfers vorm.

blaasoppie
’n Klein giftige vissie wat sy lyf kan opblaas. In die Japanese kookkuns word daarna verwys as Fugu.

Blaauwkrantz-kaas (Blaauwkrantz cheese)
’n Korrelrige wit kaas met groenblou are, met 'n skerp souterige smaak.

blad (blade)
Die vleissnit van sommige diere wat van die boonste gedeelte van die voorbeen kom.

bladham (picnic ham)
Gerookte varkblad wat gesny word om soos ham te lyk.

Blagny [bla-nie]
’n Wyn geproduseer in Cotê de Beaune, Frankryk. Dit word gemaak van pinot noir druiwe.

blamaans
’n Nagereg berei uit melk en gelatienagtige, styselagtige bestanddele, gewoonlik in ’n vorm gegiet. (blancmange)
Blamaans resep

blanc [blahn]
Franse woord vir wit.

Blanc d’Anjou [blahn dan-zhoe]
’n Naam wat soms gebruik word vir ’n chenin blanc uit die Anjou-streek in Frankryk.

blanc d’oeuf [blahn doef] (egg white)
Franse woord vir eierwit.

Blanc de Blanc [blahn de blahn]
’n Wit wyn gemaak van wit druiwe.

Blanc de cuisson [blahn de kwe-son]
’n Blanc de cuisson is ’n vloeistof wat spesiaal voorberei word om ’n sekere kossoort in te kook.

Blanc de Noir [blahn de nwhaar]
’n Wyn gemaak van rooi druiwe. Dit het gewoonlik ’n perske-pienkerige kleur.

Blanc Fumé [blahn fu-my]
’n Wit wyn gemaak van sauvignon blanc-druiwe.

blanch [blahnsh]
Die Franse term vir groente of vrugte in kookwater dompel om die vel los te maak. (blansjeer, bleik)

blancmange [blahn-maansj]
’n Nagereg berei uit melk en gelatienagtige, styselagtige bestanddele, gewoonlik in ’n vorm gegiet. (blamaans)
Blancmange

blanquette [blaang-ket]
’n Stowegereg van pluimvee, kalf, lam, vis of haas in ’n roomsous.
blanquette

Blanquette de Limoux [blaang-ket de lie-moe]
’n Vonkelwyn wat naby die dorp Limoux in Frankryk gemaak word. Dit word gemaak van mauzac-druiwe. Die druifsoort is vroeër blanquette-druiwe genoem. Daar word ook 'n witwyn sonder vonkel gemaak, genaamd Limoux Nature.

blansjeer (blanch)
Om groente of vrugte in kookwater te dompel om die vel los te maak. (bleik, blanch)

blatjang (chutney)
’n Ingemaakte kruiesous, onder andere van asyn, vrugte en rissies. Dit word gewoonlik met vleis of vis geëet.
Mev. HS Ball se blatjang

Blayais [bla-jê]
’n Area in die Bordeaux streek in Frankryk. Ook die naam van die rooi- en witwyne wat in die streek geproduseer word.

Blaye [blê]
Die naam van die rooi- en witwyne wat in die Blayais streek in Frankryk geproduseer word.

bleik (blanch)
Om groente of vrugte in kookwater te dompel om die vel los te maak. (blansjeer, blanch)

bleu [blu]
Bloukaas gemaak van bokmelk. Die alternatiewe betekenis verwys na biefstuk wat ondergaar (very underdone / very rare) bedien word.

Bleu de Chèvre [blu de sjevr]
Die Franse benaming vir bloukaas, maar ook wit kaas met ’n blou skil of bedekking van skimmel.

Bleu d’Auvergne [blu de wer-nie]
’n Franse bloukaas met 'n sterk reuk en 'n pikante smaak.

Bleu de Brebis [blu de broe-bie]
Bloukaas gemaak van skaapmelk.

Bleu de Bresse [blu de bres]
’n Franse bloukaas met ’n sterk geur.

Bleu de Causses [blu de koes]
’n Franse bloukaas met 'n sterk reuk en ’n kenmerkende geur.

Bleu de Corse [blu de kors]
’n Franse bloukaas gemaak van skaapmelk met ’n pikante smaak en ’n sterk reuk.

Bleu de Haut Jura [blu de hoe shoe-ra]
’n Effens bitter Franse bloukaas.

Bleu de Laqueuille [blu de la-koe-jie]
’n Franse bloukaas met ’n reuk wat baie mense afsit. Dit het ’n sterk smaak.

Bleu de Loudes [blu de loe-ud]
’n Baie geurige Franse bloukaas wat baie hard word en later begin verbrokkel. (Bleu de Velay)

Bleu de Sainte-Foy [blu de sante-voa]
’n Geurige Franse bloukaas.

Bleu de Sassenage [blu de sa-se-naasj]
’n Franse bloukaas met ’n skerp effens bitter smaak.

Bleu de Thiézac [blu de tie-zak]
’n Franse bloukaas met 'n sterk geur.

Bleu de Velay [blu de wi-lê]
’n Baie geurige Franse bloukaas wat baie hard word en later begin verbrokkel. (Bleu de Loudes)

Bleu du Quercy [blu de ker-sie]
’n Franse bloukaas met ’n sterk reuk en kenmerkende smaak.

blikkiesmelk
Gekondenseerde melk. (kondensmelk, onversoete gekonsentreerde melk, ingedampte melk)

blin (blin, blini)
Blinis is klein Russiese pannekoekies gemaak van suurdeeg en bokwiet, normaalweg bedien met kaviaar of gerookte salm en suurroom. (blini, bliny)
Blin

blind bak (bake blind)
Om ’n tertdop met ’n tydelike vulsel te bak tot dit deurgaar en bros is. (leeg bak)

blinde vink (beef olive)
Die Nederlanders maak aanspraak daarop dat hulle dit geskep het. Dun snytjies klafsvleis gevul met een of ander mengsel. Dit word gewoonlik verbruin en gesmoor. (blinde vinken)
Blinde vink resep

blinde vinken (beef olive)
Die Nederlanders maak aanspraak daarop dat hulle dit geskep het. Dun snytjies klafsvleis gevul met een of ander mengsel. Dit word gewoonlik verbruin en gesmoor. (blinde vink)
Blinde vinken

blini (blin, blini)
Blinis is klein Russiese pannekoekies gemaak van suurdeeg en bokwiet, normaalweg bedien met kaviaar of gerookte salm en suurroom. (blin, bliny)
blin

blinkvis
’n Riviervis uit die noordelike halfrond. Dit word veral gebruik vir bredies. (brasem)

blintz
’n Dun gerolde pannekoek met ’n vulsel soos konfyt of roomkaas.

bliny (blin, blini)
Blinis is klein Russiese pannekoekies gemaak van suurdeeg en bokwiet, normaalweg bedien met kaviaar of gerookte salm en suurroom. (blin, blini)
Blin

bloedlemoen
’n Lemoen met rooi vleis.

bloedpoeding
Stywe pap wat in varkbloed gekook is.

bloedpruim
’n Ronde pruim met 'n donkerrooi skil.

bloedwors (black pudding)
’n Mengsel van varkbloed en spek gestop in varkderm en dan gekook. Dit word warm bedien met mosterd.

blokkiesuiker
Suiker, min of meer, in die vorm van ’n blokkie. (klontjiesuiker, klontsuiker, suikerklontjie, klontjie)

blomertjie
’n Sierertjie met spoggerige blomme van verskillende kleure.

blomjellie
Eetbare blomme wat in jellie gestol is.

blomkool (cauliflower)
’n Koolsoort met 'n blomhoof bestaande uit klein wit blomknoppies.
Hoe om blomkool te kook

blond de veau [blôn de wou]
’n Ryk aftreksel van kalfsvleis waarmee wit soppe of souse gewoonlik verryk word of dit word vir verglansing gebruik.
Blond de veau

blondir [blôn-deer]
’n Metode om kos liggies bruin te braai oor lae hitte.

bloubiskop (musselcracker)
’n Geurige hengelvis met 'n kenmerkende groot kop. Die vis het ferm wit vleis. Die vleis word growwer namate die vis ouer word. Die vis het verskeie name alhoewel daar net twee soorte in Suid-Afrika voorkom. (mosselkraker, poenskop, swartbiskop, witbek, witbiskop)

bloubosbessie
Die sappige eetbare vrug van ’n struik wat in die Karoo voorkom.

blouhaas
’n Grysbruin knaagdier met ’n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Lepus europaeus.

bloukaas (blue cheese)
Dit is kaas waarvan die vetbestanddeel opgesplits word deur die ensieme van die skimmel Penicillium roqueforti. Dit word gewoonlik gemaak van koeimelk. (blouskimmelkaas) In Suid-Afrika word dit soms (verkeerdelik) roquefort genoem.

blouskimmelkaas
Dit is kaas waarvan die vetbestanddeel opgesplits word deur die ensieme van die skimmel Penicillium roqueforti. Dit word gemaak van koeimelk. (bloukaas) In Suid-Afrika word dit soms (verkeerdelik) roquefort genoem.

blouoog
’n Gewilde vis vir die tafel, (Gymnocrotaphys curvideus). (tambryn)

Blue Cheshire
’n Bekende Britse bloukaas.

Blue Stilton
’n Bekende Britse bloukaas.

Blue Wensleydale
’n Bekende Britse bloukaas.

bobbon [bo-bin]
’n Franse lekker met ’n vulsel.

bobotie
’n Gereg van gemaalde vleis met onder andere kerrie, brood, uie en eiers.
Bobotie resep
Visbobotie resep

bocconcini [bo-kon-tsjie-nie]
Klein bolletjies buffelmozarella.

bochyn [bô-tjin]
’n Russiese drankie met ’n lae alkoholinhoud gemaak van rosyntjies.

bock
’n Bierbeker met ’n handvatsel.

Bockbier
’n Duitse bier wat anoniem is met die streek Bavaria. Hoewel dit tradisioneel in Bavaria gebrou word, is dit oorspronklik van die dorp Einbeck in Sakse.
Die Bavarians het “Einbeck” uitgespreek as “Oanbock”, vandaar die naam van die bier. In Duitsland is Bockbier, of bock, ’n baie sterk bier. Die dubbel bock is seker een van die sterkste biere in die wêreld. In Frankryk en België kry mens ’n bière bock, wat ’n ligte bier is. Duitsers gebruik nie die naam “bock” vir die bierbeker nie.

boe-boer
’n Soet nagereg van Maleise afkoms gemaak van vermicelli gegeur met kardemom en kaneel. (boeboer, boeber)
Boe-boer resep

boeber
’n Soet nagereg van Maleise afkoms gemaak van vermicelli gegeur met kardemom en kaneel. (boeboer, boe-boer)
Boeber resep

boeboer
’n Soet nagereg van Maleise afkoms gemaak van vermicelli gegeur met kardemom en kaneel. (boeber, boe-boer)
Boeboer resep

boegoe
’n Aromatiese struik waarvan die blare eteriese olies bevat en geneeskragtig is. Dit word ook op brandewyn getrek vir ’n drankie.

boegoetjie
’n Drankie bestaande uit brandewyn op boegoe getrek.

boeljon
Boeljon is ’n aftreksel gemaak van vleis en groente. In die Franse kookkuns is bouillon een van die vier klassieke basisse vir ’n sop of sous. Die naam is ook gebruik vir goedkoop restaurante in Frankryk in die 19de eeu. Die woord is afkomstig van die Franse woord bouilli wat “gekookte vleis” beteken. (bouillon)
Boeljon resep

boerbeskuit
Beskuit van brooddeeg wat in ’n oond uitgedroog is. (boerebeskuit)
Boerbeskuit resep

boerblits
Sterk, goedkoop brandewyn.

boerbok
’n Boksoort met kort stywe hare wat in Suid-Afrika ontwikkel is.

boerboon (broad bean, fava bean)
’n Groot tuinboontjie met 'n niervormige saad. (fawa-boon, Windsorboon)

boerebeskuit
Beskuit van brooddeeg wat in ’n oond uitgedroog is. (boerbeskuit)
Boerebeskuit resep

boerejongens
Druiwe geweek in brandewyn. Dit is gewoonlik voorgesit as nagereg. (boerjongens)
Boerejongens resep

boerekool (kale, kail, borecole kale, cole, colewort)
’n Soort kool met gekrulde en gebuigde blare wat nie ’n kop vorm nie. (krulkool, weikool)

boerepastei
’n Vleispastei met ’n deegkors.

Boeretroos
Koffie.

boerewors
Wors van Bees- en varkvleis met kruie.
boerewors resep

boerewurmkruid (tansy)
’n Aromatiese kruiesoort. Dit word dikwels saam met vis- of eiergeregte gebruik.

boergonje
Rooi- en witwyn uit Boergondië, Frankryk.

boerjongens
Druiwe geweek in brandewyn. Dit is gewoonlik voorgesit as nagereg. (boerejongens)
Boerjongens resep

boerkabeljou
’n Baarsagtige stekelvinvis, Johnius hololepidotus, met ’n blouerige swart bosy, silwerige ondersy, gladde skubbe en geronde stertvin, aangetref om die Suid-Afrikaanse kus, by Australië, in die Atlantiese Oseaan en in die Middellandse See. Die naam word ook gebruik vir ’n sagvinnige Noord-Atlantiese roofvis, Gadus morrhua, wat lewertraan as byproduk lewer. (kabeljou, kob, rietbul)

boerpampoen
’n Platronde pampoen, ligvaal of wit gekleur, met geel vleis.

boeuf [buf]
Frans vir beesvleis.

Bofinger
’n Bekende restaurant in Parys, Frankryk. Die restaurant het hul deure oopgemaak in 1864 en is bekend vir geregte uit die streek Elsas.

bok
’n Herkouende soogdier.

bok choi
Chinese groente met ’n vlesige wit stam en blare wat baie soos spinasie lyk. (pak choi)

bokkem
’n Gedroogde, gerookte en gesoute harder. (bokkom)
Hoe om ’n bokkem te droog

bokkom
’n Gedroogde, gerookte en gesoute harder. (bokkem)
Hoe om ’n bokkom te droog

boksbaard (salsify)
’n Dun wit wortel soortgelyk aan ’n witwortel. Dit smaak amper soos ’n oester. (hawerwortel)

bokwiet (buckwheat)
’n Plant met hartvormige blare waarvan die saad tot meel gemaal word.

bokwietmeel
Gemaalde bokwiet wat gewoonlik saam met ander grane gemeng word vir gebak. Dit het ’n ryk geur en is glutenvry.

bollito misto [bo-lie-to miesto]
’n Franse bredie met 'n verskeidenheid van bestanddele, gewoonlik ’n verskeidenheid van vleis met groente wat in die vleissous gekook is.

bolo
Die growwe beenlose vleis van die voorkwart van ’n bees.

Bologna [bo-loun-ja]
Wors gemaak van gerookte vark- en beesvleis.

bolognaise [bollo-njai-se]
’n Geurige Italiaanse vleissous met tamatie.
Bolognaise

Bombaai-eend (Bombay duck)
Dit is gedroogde vis wat gekerrie, gebraai of gepiekel word.

bombe [bhôm]
Franse woord vir roomys in ’n ronde vorm.

bombe glacé [bhôm ghla-sei]
'n Ronde vorm of spanspek uitgevoer met een soort roomys en gevul met ’n ander.

bon appétit [bin appe-tiet ]
Frans vir “smaaklike ete”.

bonbons [bôh-bôh] (confectionary, candy)
Die Franse woord vir lekkergoed.

bonbons à l'huile [bôh-bôh a loe hiel]
Bonbons à l'huile is ’n poffertjie gemaak van ’n gekruide puree van groente of vis wat bedek word met deeg. Dit is veral gewild in die Karibiese Eilande. Dit word baie warm bedien as voorgereg of as ’n happie met ’n skemerkelkie. Bonbons à l'huile is beter bekend as acras maar word ook genoem marinades, sowel as stamp and go in Jamaika en surullitos in Puerto Rico.

bonchretienpeer
’n Groot peer met sappige vleis.

bondard [bon-dar]
Verskeie kase uit Normandië, Frankryk, dra hierdie naam. Hulle word gemaak van koeimelk en het ’n grys kors. (bondart, bonde)

bondart [bon-dar]
Verskeie kase uit Normandië, Frankryk, dra hierdie naam. Hulle word gemaak van koeimelk en het ’n grys kors. (bondar, bonde)

bonde [bond]
Verskeie kase uit Normandië, Frankryk, dra hierdie naam. Hulle word gemaak van koeimelk en het ’n grys kors. (bondart, bondard)

Bondon de Neuchâtel [bon-don de noe-sha-tel]
’n Sagte kaas van koeimelk uit Normandië, Frankryk. Dit het ’n vrugtige geur.

bonekruid (savory)
’n Kruieplant, Satureia hortensis, met ’n peperige smaak. (boontjiekruid)

boniet
’n Seevis met goeie vleis. (bonita)

bonita
’n Seevis met goeie vleis. (boniet)

bonito [bon-ni-tou]
Die Spaanse naam vir ’n makrielagtige seevis; ’n klein soort tuna. (katonkel)

bonne femme [bon-fem]
’n Franse term vir geregte wat op ’n eenvoudige manier bedien word. Die gereg word gewoonlik bedien in die houer waarin dit gekook word. Die naam woord ook gebruik vir visgarnering met uie, spek en sampioene.
Hoender bonne femme resep

Bonnes-Mares [bun-mar]
’n Rooiwyn uit Boergondië in Frankryk.

Bonnezeaux [bun-zo]
’n Witwyn van chenin blanc geproduseer in Anjou, Frankryk.

bontjoubert
’n Doekpoeding met baie rosyne en neute.
Bontjoubert resep

boomtamaties
Die vrug het ’n kenmerkende rooi kleur en 'n kenmerkende smaak. Die skil is oneetbaar. (tamarille)

boon (bean)
’n Saad met of sonder peul van die familie Leguminosae.

boontjiekruid
’n Kruieplant, Satureia hortensis, met ’n peperige smaak. (boontjiekruid)

boontjiespruit (bean sprout)
Die jong looitjies van ’n boontjie.

Bordeaux [bor-dô]
Rooi wyn, oorspronklik uit Bordeaux, hoofstad van die Franse provinsie Gironde. (Bordeauxwyn)

Bordeauxwyn
Rooi wyn, oorspronklik uit Bordeaux, hoofstad van die Franse provinsie Gironde. (Bordeaux)

Bordelaise-sous [bor-de-lêz]
’n Bruinsous, tradisioneel gemaak met uie en ’n Bordeauxwyn.
Bordelaise-sous resep

börek [bjo-lek]
’n Turkse kaaspoffer. Die kaas (Gruyère of Emmental) word in pastadeeg toegedraai en in olie gebraai.

borrie (tumeric)
Geel poeier uit die wortel van Curcuma longa.

borriekweper
Kweper met ’n diepgeel skil en vleis.

borriepatat
Patat met diepgeel vleis.

borrierys
Rys wat met borrie gekleur is.

borsch
’n Russiese beetsop. Een van die wêreld se klassieke soppe. (borsjt, borscht, borsht)
Borsch

borscht
’n Russiese beetsop. Een van die wêreld se klassieke soppe. (borsjt, borsch, borsht)
Borscht

borsht
’n Russiese beetsop. Een van die wêreld se klassieke soppe. (borsjt, borscht, borsch)
Borsht

borsjt
’n Russiese beetsop. Een van die wêreld se klassieke soppe. (borsch, borscht, borsht)
Borsjt

borsplaat (butterscotch)
Harde lekkers gemaak van bruinsuiker en botter. (botterkaramel)

borsstuk (brisket)
’n Vleissnit van beesvoorkwart onderkant die skouer. Dit is veral geskik vir stadige oond- of potbraai.
Gesmoorde borsstuk

borssuiker
Lekkergoed in silindervorm.

bosaarbei (wild strawberry)
’n Klein soort bessie.

bosbessie (cranberry)
’n Klein bitter bessie.

bossiestee
Tee wat gemaak word van die stamme, blomme of blare van klein struike.

bossons macérés [boe-son ma-se-rê]
Klein bokmelkkasies wat 3 maande lank geweek word in ’n mengsel van olyfolie, witwyn, brandewyn en kruie.

Boston-brood (Boston [brown] bread)
’n Donkerbruin brood gestoom in ’n silindriese vorm, en gemaak van mielie-, koring- en rogmeel, melasse, koeksoda en water of melk. Dit is oorspronklik van Amerika.
Boston Brown Bread

bosvark
’n Wildevark met spits ore en ’n kwassie hare aan die punte daarvan.

botermelk
’n Belgiese spesialiteit. Dit is melk wat vir 1½ uur lank gekook saam met gort en bruinsuiker. Dan word dit gemeng met heuning, rosynties en droëvrugte wat vooraf geweek is in warm water. In Frankryk noem hulle dit lait batu.

botter (butter)
’n Vetterige stof wat uit room verkry word deur dit te karring.

botterbarber
’n Eetbare seevis, silweragtig van kleur met swart kartel strepe. (makriel)

botterbroodjie
’n Broodjie van fynmeel wat onder andere by ontbyt en middagtee geëet word.
Scone

botterkaramel (butterscotch)
Harde lekkers gemaak van bruinsuiker en botter. Dit word ook borsplaat genoem.

botterlensies
Hierdie lensies lyk soos die bekende bruin lensie, dit is net effens groter. Dit word gebruik nes alle ander lensies.

bottermes
’n Stomp, meestal kleinerige mes waarmee botter uit die botterpot aan tafel geskep word.

botterpapier
Vetvrye, deurskynende papier waarin botter verpak word.

botterpot
’n Houer waarin botter bedien word.

botterskorsie
Botterskorsie is ’n geel peervormige groente. (soe-soe)

botterslaai
’n Slaai met effens "botterige" blare.

bottervet
Die vetgedeelte in melk.

bottervis
’n Seevis met ’n blou bolyf en silweragtige onderlyf, Stromateus fiatola. (pampelmoes)

boucan
’n Bekende Karibiese gereg. Dit is ’n skaap gevul met eende, ganse, uie en speserye. Dit word vir 2 uur lank in ’n sandsloot gebak.

bouchée [boe-sjei]
Klein vormpies van skilferkorsdeeg met ’n vulsel wat warm bedien word. Dit beteken “’n mond vol” in Frans. Die naam word ook gebruik vir klein blokkies gevulde sponskoek.
Skilferdeeg resep
Bouchée

boud
Die boonste gedeelte van ’n voël se been of dier se agterbeen.

boudin [boo-dihn]
’n Delikaat bereide worsvormige voorgereg van maalvleis.

boudin à la Richelieu [boo-dihn a la rie-sje-loe]
Fyngemaakte hoendervleis wat in vormpies gebak word.

boudin antillais [boo-dihn an-tie-je]
’n Soort Karibiese wors. (boudin cochon)

boudin blanc [boo-dihn blahn] (white pudding sausage)
Die Franse naam vir wors gemaak van witvleis.

boudin cochon [boo-dihn koe-sjon]
’n Soort Karibiese wors. (boudin antillais)

boudoir-beskuitjie
Beskuitjies in die vorm van vingers. Dit word gereeld in koekstruif en ander nagereg gebruik. (vingerbeskuitjie, suikerbroodvinger)

bougnette [boe-njet]
Die Franse woord word vir verskeie geregte gebruik. Dit kan verwys na ’n plat wors gemaak van varkmaag, ’n poffertjie of ’n spesifieke soort pannekoek.

bougras [boe-ghras]
Bougras is ’n Franse groentesop. Die water vir die sop is water wat gebruik is vir die maak van bloedwors.
bougras resep

bouillabaisse [boo-ja-bes]
’n Franse vissop.
bouillabaisse

bouilleture [boei-tjeur]
Bouilleture is ’n palingbredie met sampioene, uie en pruimedante. (bouilliture)

bouilli [boo-jee] (boiled beef)
Bouilli is die opgekookte vleis wat gebruik word vir die voorbereiding van pot-au-feu, bouillon of consommé.

bouilliture [boei-lie-tjeur]
Bouilleture is ’n palingbredie met sampioene, uie en pruimedante. (bouilleture)

bouillon [boo-ee-jôn]
Bouillon is ’n aftreksel gemaak van vleis en groente. In die Franse kookkuns is bouillon een van die vier klassieke basisse vir ’n sop of sous. Die naam is ook gebruik vir goedkoop restaurante in Frankryk in die 19de eeu. Die woord is afkomstig van die Franse woord bouilli wat “gekookte vleis” beteken. (boeljoen)

bouillon américain [boo-ee-jôn a-meri-ka]
’n Gekonsentreerde vleisaftreksel gemaak van vleis wat net so gebruik word as voedsel.

bouillon-gaatjiesbak
’n Kegelvormige gaatjiesbak met baie klein gaatjies. Saam met ’n keëlvormige houtstamper word dit gebruik om bestanddele te sif vir ’n gladde puree.

boukha
’n Tunisiese drankie gemaak van vye. Die word regoor Noord-Afrika gedrink. (boukhra)

boukhra
’n Tunisiese drankie gemaak van vye. Die word regoor Noord-Afrika gedrink. (boukha)

boule-de-neige [boel de nesh]
’n Klein Franse koekie in die vorm van ’n balletjie wat met room bedek is. Die koek is sponskoek. Dieselfde naam word ook gebruik vir klein happies so groot soos albasters. Dit is twee piepklein meringues wat aan mekaar vasgesit is en versier is met fondant. ’n Derde gebruik van die naam is vir ’n soort roomys nagereg.

boulette [boe-let]
Die Franse se naam vir ons frikkadel. Hulle bedek dit soms met broodkrummels en diepbraai dit.

Boulette d’Avesnes [boe-lit de-a-wen]
’n Sterk pikante Franse kaas gemaak van koeimelk. Dit bevat pietersielie, tarragon en speserye. Die kaas se rooi skil word gewas met bier. Die kaas is keëlvormig.

Boulette de Cambrai [boe-lit de kom-prê]
’n Franse kaas gemaak van koeimelk. Dit bevat pietersielie, tarragon, grasuie en sout. Dit is balvormig en word nie verouder nie.

bouquet
Die aroma wat deur wyn geproduseer word.

bouquet garni [boo-ky ghar-nie]
Bouquet garni is ’n bossie kruie wat gebruik word om voedsel, veral gestoofde geregte, te geur. So maak mens ’n bouquet garni <- (kruiebossie)

bourbon
’n Amerikaanse whisky wat gewoonlik van mielies gestook word. Dit word ook gewoonlik in houtvate verouder vir 2 jaar.

bourdaloue [boer-da-loe]
’n Nagereg wat oorspronklik pere as hoofbestanddeel gehad het. Deesdae word die naam gebruik vir verskeie nageregte gemaak van geposjeerde vrugte.

Bourgueil [boer-ghei]
Bourgeil is rooi en rosé wyne uit die Indre-et-Loire streek in Touraine, Frankryk. Die wyn word gemaak van cabernet franc druiwe.

bourriol [boer-jol]
’n Dik pannekoek gemaak van aartappel, koringmeel en bokwietmeel.

Bouton-de-Culotte [boe-ton de kjoe-lot]
’n Bokmelkkaas wat baie droog is.

bow ties
’n Chinese nagereg gemaak van deeg wat in strikkies gevorm is. Die deeg word diepgebraai en in stroop gedoop.

boysenbessie
’n Rankbraam van die geslag Rubus wat vir konfyt gebruik word. Dit is vernoem na die kweker, ene Boysen.

braai (fry)
’n Kookproses waartydens voedsel oor vlamme of kole of in ’n pan gaargemaak word.

braaihoender
Hoender geskik vir braai.

braaihuis
’n Eetplek waar veral biefstuk bedien word.

braairestaurant
’n Eetplek waar veral biefstuk bedien word.

braairestourant
’n Eetplek waar veral biefstuk bedien word.

braaisous (barbecue sauce)
Gewoonlik 'n gespeseryde sous om as bedruipsous te gebruik, of as bedruipsous of marinade vir 'n braai. Word ook soms voorgesit saam met braaivleis.

braaistoof
’n Kookproses waartydens vleis in ’n digte oond of houer gaargemaak word.

braaivet (dripping)
Uitgebraaide vet.

braaivleis
Vleis wat gebraai is of geskik is vir braai. Dit verwys ook na ’n geleentheid waar vleis oor ’n vuur gebraai word.

braaivleisaand
’n Geleentheid in die aand waar vleis oor ’n vuur gebraai word.

braam (blackberry)
’n Struik met swart bessies van die geslag Rubus.

braambessie
’n Vrug van ’n struik met swart bessies van die geslag Rubus.

braambos
’n Struik met swart bessies van die geslag Rubus.

braamkonfyt
Konfyt gekook van die vrug van ’n struik met swart bessies van die geslag Rubus.

Braganza [bra-ghran-sa]
’n Portugese garnering van aartappel-krokette en gebraaide tamaties gevul met béarnaise-sous. Die naam word ook gebruik vir ’n nagereg gemaak van sponskoek geweek in lemoenlikeur.

Brahmaan
’n Lid van enige van 'n verskeidenheid Indiese beesrasse, veral 'n groot, sterk, taai, silwergrys ras wat teen hitte, bosluise en baie siektes bestand is maar ook sy goeie vleisgehalte behou. Dit is in die VSA deur kruisteling verkry uit die Bos van Indië.

braisière [bra-zie-êr]
Dit is ’n reghoekige pan gerond by die hoeke, met handvatsels weerskante. In Afrikaans word dit ’n stowepan genoem. Die woord word ook gebruik vir aftreksel wat by die bereiding van souse gebruik word.

brancas [bron-kja]
’n Garnering vir vleis, wat bestaan uit aartappels en kropslaai.

brandade [bron-dad]
’n Puree van gesoute kabeljou, olyfolie en melk.

brandewyn (brandy)
’n Sterk drank wat gestook word uit druiwe- of vrugtesap.

brandewynbotter (brandy butter)
’n Tradisionele Kersfeessous gemaak van botter, suiker en brandewyn. Dit word gewoonlik gebruik oor Kerspoeding of Kerspasteitjies.
Brandewynbotter resep

brandewynpoeding (tipsy tart)
’n Tradisionele Kaapse nagereg gemaak met dadels, neute en stroop in ’n sponskoek, gegeur met brandewyn. (brandewyntert)
Brandewynpoeding resep

brandewynsous (brandy sauce)
Vla gegeur met brandewyn. Dit word gewoonlik voorgesit met Kerspoeding en Kerspasteitjies.
Brandewynsous resep

brandewyntert (tipsy tart)
'n Tradisionele Kaapse nagereg gemaak met dadels, neute en stroop in n sponskoek, gegeur met brandewyn. (brandewynpoeding)
Brandewyntert resep

brandrissie (chilli / chili)
Die vrug van ’n plant waarvan die pitte en / of die vlees gewoonlik brand. (rissie)

brandrissiesous (chilli sauce)
’n Sous gemaak van tamatie en brandrissie.

braou-bouffat [brau-boe-fa]
’n Sop gemaak van kool, rys en vermicelli.

brasem
’n Riviervis uit die noordelike halfrond. Dit word veral gebruik vir bredies. (blinkvis)

brassadeau [bra-sa-doe]
’n Klein koekie gemaak van soet deeg en gegeur met saffraan. (brassado, cordillon, tortillon)

brassado [bra-sa-doe]
’n Klein koekie gemaak van soet deeg en gegeur met saffraan. (brassadeau, cordillon, tortillon)

brasserie
’n Restaurant waar drank en kos hand aan hand gaan en die spyskaart beperk is.

Brasiliaanse neut
’n Groot neut met 'n harde bruin dop uit Brasilië en Paraguay. (paraneut, kokeleko)

Bratwurst
’n Bleek Duitse wors gemaak van vark- of kalfsvleis, spek, melk en uie.

Braunschweiger
’n Gerookte Duitse lewerwors.

bredie (stew)
Normaalweg ’n gereg wat bestaan uit vleis wat saam met uie en rissies gesmoor is en dan saam met ander groente gestowe is.

Bréhan [brie-ha]
’n Garnering vir vleis. Dit bestaan uit artisjok-harte, ’n bone puree, blomkool, hollandaise sous en aartappels met pietersielie.

bréjaude [brê-sjood]
’n Koolsop met spek.

brensie
’n Oosterse gereg bestaande uit vleis van ’n hoender, een of gans met rys en speserye.

brésolles [brê-zol]
’n Gereg wat bestaan uit verskillende lae vleis wat gebak word en dan met Madeira-sous bedien word.

bretois [brê-twa]
’n Ferm koek met geblansjeerde amandels en lemoenlikeur.

breton [bre-tô]
’n Groot dik koek, gewoonlik van botter en eiers.

Breve [bref]
Koffie met helfte skuim, helfte espresso.

brewis [broe-wies]
’n Sop, gemaak van beesvleis en groente, en verdik met brood.

brick
’n Amerikaanse kaas gemaak van koeimelk. Die smaak herinner aan cheddar.

brie
’n Sagte, romerige wit kaas. Die naam kom van die historiese area in Frankryk waar dit oorspronklik gemaak is, vandag Seine-et-Marne.

briekwa
Is ’n soort waatlemoen. Die woord word ook gebruik vir 'n boerbok waarvan die agterlyf ligter as die voorlyf is.

brik [briek]
’n Groot driehoek van skilferkorsdeeg wat ’n saggekookte eier bevat wat met maalvleis omring is.

brillat-savarin [brie-je sa-wa-ra]
’n Baie romerige kaas uit Normandië in Frankryk.

brinjal
Vrug van die eierplant.

brioche [brie-osj]
’n Witbrood wat met baie botter en eiers gemaak word. Dit kom in verskeie vorms en is effens soet.
Brioche resep

brilloli [brie-lo-lie]
’n Tipe pap gemaak van plataanmeel en bokmelk. Dit word soms met room bedek.

broccoli
Broccoli is ’n gekweekte variëteit van kool wat baie soos blomkool lyk, maar groen spruite dra. (brokkoli)

broche [brosj]
’n Vleispen.

brochet [bro-sjet]
’n Europese varswatersnoek.

brochette [bro-sjet]
’n Effe plat sosatiestok van vlekvrye staal wat gebruik word onder ’n roosterelement of oor 'n steenkoolvuur. Indien die kos gebraai moet word moet die sosatiestok van hout wees. Die brochette kan enkel of dubbel wees. Voedsel wat op hierdie manier voorberei is in 'n Franse styl word ’n brochette genoem. Brochettes word warm voorgesit as ’n hors d'oeuvre of as ’n hoofgereg.

broffie
’n Mengsel van koffie en brandewyn. (bistouille, bistrouille) Die Frans word ook gebruik om ’n brandewyn van swak gehalte te beskryf.
broffie resep

broil
Engels vir wanneer jy vleis of vis gaarmaak deur dit direk aan die hittebron bloot te stel. In Afrikaans word “braai” of “rooster” gewoonlik gebruik.

brokkoli
Brokkoli is 'n gekweekte variëteit van kool wat baie soos blomkool lyk, maar groen spruite dra. (broccoli)

brombees
’n Brombees is ’n hoefdier, Bos grunniens, uit Sentraal-Asië, waarvan die vleis en melk gebruik word. Ook genoem die jak of knoros.

bronkors (watercress)
Plante met wit blomme wat in water groei waarvan die peperagtige blare geëet word. (waterkers)

brood
Meeldeeg wat gevorm en gebak word.

brood-en-botterpoeding (bread and butter pudding)
’n Nagereg gemaak van gebotterde snye brood met konfyt, gebak in vla.
Brood-en-botterpoeding resep

broodheuning
Heuning met byebrood daarin.

broodkaas
Broodkaas is ’n Nederlandse kaas gemaak van gepasteuriseerde koeimelk. Dit het baie dieselfde eienskappe as edam. Die Franse maak dit na en noem dit galantine.

broodkrummels (breadcrumbs)
Vars of droë broodkrummels word gebruik om voedsel te verdik, maalvleis losser te maak of om vleis, vis of groente te bedek voor dit in olie gebraai word.

broodmeel (bread flour, meal)
’n Fyngemaalde graansoort gebruik vir die bak van brood.

broodmielie
Mielies wat vroeg en sag is.

broodplank
’n Plank waarop brood gesny word.

broodstok (bread stick)
’n Lang stuk deeg gebak tot droog en bros.

broodvrug (breadfruit)
’n Groot ronde groengeel tropiese vrug. Die pulp van die vrug word as groente gebruik.

brosbrood (shortbread)
’n Ryk krummelrige koekie wat met botter gemaak word. Die deeg word met ’n vurk geprik voor dit gebak word.
Brosbrood resep

broskors
’n Soort deeg gemaak met een deel vet en twee dele meel. Vir 'n ryk broskors word eiergeel en suiker bygevoeg.

brosswoerd (crackling)
Die vel van gebraaide varkvleis.

brou (brew)
Drank aanmaak, normaalweg bier.

brou de noix [broe de nwa]
Brou de noix is ’n Franse likeur gemaak van groen okkerneutdoppe. Die doppe word uitgehol, gegeur met kaneel en in alkohol gehou. Suikerstroop word later bygevoeg daarvoor gefiltreer word.

Brouilly [Broe-jie-jie]
’n Goeie rooiwyn uit die Beaujolais-streek in Frankryk.

brousse [broes]
’n Wit sagte romerige dikmelkkaas uit Provence in Frankryk. Skaapmelk word gebruik vir Brousse du Rove en bokmelk vir Brousse de la Vésubie.

broye [broa]
Broye is ’n Franse sop gemaak van mieliemeel.

broyé [bro-jê]
Broyé is ’n Franse koekie gemaak van deeg soortgelyk aan broskorsdeeg.

bruin rys (brown rice)
Ryskorrels wat nie afgedop is nie.

bruinbrood
Brood van ongesifte meel.
Bruin brood resep

bruinbroodmeel
Bruinbroodmeel is witbroodmeel waarby fyn koringsemels gemeng is.

bruineer
Voedsel bruin maak, normaalweg deur dit te braai in vet.

bruinsous (brown sauce)
’n Sous met 'n bruin kleur wat van vleis gemaak is. Dit word soms verdik met meelblom wat in vet bruin gemaak is. Chinese bruinsous word van sojasous gemaak, terwyl die bekende handelsmerk HP Sauce 'n basis van asyn het. (demi-glace-sous)
Bruinsous resep

bruinsuiker (brown sugar)
Suiker met ’n geelbruin kleur.

bruinvy
’n Groot, langwerpige bruin vyesoort.

bruismeel (self-raising flour)
Bruismeel is koekmeel waarby ’n rysmiddel gevoeg is.
Maak jou eie bruismeel

bruismelk (milk shake)
’n Drankie van melk, geurmiddels en roomys wat geklits word tot dit goed gemeng en skuimerig is.

bruiswyn
’n Wyn waaraan iets toegevoeg is sodat dit ’n vonkeling vertoon wanneer dit oopgemaak word. Die bekendste hiervan is Champagne. (vonkelwyn)

brûlée
’n Gekaramelliseerde suikerbolaag.

brûlot [brie-loe]
Brûlot is alkohol wat aan die brand gesteek word daarvoor dit gedrink word, of oor kos gegooi word.

brunoise [bru-nwhaaz]
Die Franse naam vir ’n garnering van fyngekapte gaar groente.

Brusselse lof
Wanneer witloof as groente gebruik word, word soms daarna verwys as brusselslof of Brusselse lof. Witloof is ’n ander naam vir gewone sigorei (Cichorium intybus). Die geroosterde en gemaalde wortel van die plant word by koffie gevoeg.

Brusselse spruitjies
Kool met ’n aantal klein knoppies in die blaaras. (knoppieskool, spruitkool)

brusselslof
Wanneer witloof as groente gebruik word, word soms daarna verwys as brusselslof of Brusselse lof. Witloof is ’n ander naam vir gewone sigorei (Cichorium intybus). Die geroosterde en gemaalde wortel van die plant word by koffie gevoeg.

brut [bru]
Dit beteken baie droog en word normaalweg gebruik om vonkelwyn te beskryf.

bubble and squeak
’n Tradisionele Britse gereg van vleis en groen groente (gewoonlik beesvleis en kool) wat saam in ’n pan gesmoor of gebraai word.
Bubble and squeak

buchteln
Buchteln is ’n soort soet gebak wat van gisdeeg berei en voor die bakproses in kluitjies gevorm word. Dit word met of sonder 'n vulsel bedien.
(einback, wuchteln, ofennudeln, rohrnudeln)

buckling
Gerookte pekelharing. Die woord se oorsprong is Duits.

buffel
’n Groot herkouende bees met horings.

buffet
Die woord buffet word gebruik vir ’n kas met tafelgereedskap wat in die eetkamer staan. Dit word ook gebruik vir die toonbank in restaurante waar kos keurig vertoon word. Soms word die kos ook daar opgeskep en die drankies daar bedien. In ’n onthaallokaal kan ’n buffet dieselfde doel dien as in ’n restaurant of dit bedien net ligte versnaperinge, terwyl die ander geregte deur die kelners bedien word. In Frankryk het spoorwegstasies hierdie tipe restaurante gehuisves. Soos treinvervoer in onbruik verval het, het baie tot niet gegaan. Daar bestaan egter nog hier en daar sulke instellings. Die bekendste hiervan is sekerlik die geskiedkundige een by Gare de Lyon in Parys. Vandag is dit meer as net reisigers wat by hierdie restaurante eet.

buffetete
’n Ete waar die kos klaastaan op 'n toonbank waar die gaste dit self haal.

buisversier (piping)
’n Proses van versiering. ’n Suikerpasta word deur ’n dun buis geforseer en vorm strepe en patrone op die koek. (spuitversier)

Bukettraube
’n Druifsoort wat gebruik word vir die maak van wit wyn.

bul
’n Manlike bees, maar die woord word ook gebruik vir die manlike dier van grootwild.

Bunny chow
’n Uitgeholde witbrood gevul met kerriehoendervleis, -skaapvleis of beesvleis.

burbank
’n Soort Japanese pruim.

buvette [boe-wet]
’n Buvette is ’n Franse term wat verwys na ’n klein kroegie in ’n teater, stasie of ’n openbare tuin. Dit hoef nie noodwendig alkohol te bedien nie, maar kan ook lekkers, toebroodjies en roomys verkoop. ’n Buvette in ’n spa is ’n plek waar mense die water drink.

bygereg
’n Gereg wat by die hoofgereg opgedien word.

bykombuis
Die deel van die kombuis waar skottelgoed opgewas word.

bykos
Dit wat saam met die hoofgereg geëet word.



Wynwoordeboek

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

No comments :

Post a Comment