Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/10/2008

Artisjokke / Artichoke

Die eetbare deel van die gewone artisjok is die onvolwasse blomknop, veral die vlesige onderste skubbe.

Die eerste prys bly egter die hart van 'n volwasse artisjok. Hiervoor moet jy die stekelrige blare van dié distelagtige plant trotseer. Wees versigtig en gebruik 'n skerp mes.

Die basiese manier om heel artisjokke voor te berei:

Breek die stingel af en was die artisjok deeglik. Sny die basis van die artisjok plat indien jy wil hê dit moet regop staan vir opdiening. Trek al die buitenste harde blare af en dompel die kop in kookwater. Kook vir 40 minute tot sag. Dreineer die artisjok onderstebo om van die oortollige water ontslae te raak.

Die blare is gewild saam met 'n doopsous terwyl jy die harte kan uitsny en amper in enige gereg gebruik. Die harte is heerlik op pizza.


(foto Subliminl)

1 comment :

  1. Anonymous10/7/08 12:04

    Dankie vir al jou lekker resepte. Kan ek maar inmeng? Die bereiding van artisjokke: ek dink mense moet net gewaarsku word oor die sjok (choke) wat hulle sal teëkom voor hulle die hart kan bykom. Sou hulle nie weet nie, gaan dit 'n onaangenamer ervaring wees om dié draderige stuk in die mond te kry.

    Ek noem dit maar net omdat ek baie mense raakloop wat nie artisjokke ken nie, tensy dit uit 'n blik kom.

    ReplyDelete