Kors :
250 ml koekmeel
5 ml sout
125 g botter of margarine
215g blik roomsoort mielies
Vryf botter in meel. Voeg mielies by en meng goed. Smeer oor basis en kante van oondvaste bak sowat 24 cm in deursnee.
Vulsel :
60 g botter/margarine
4 of 5 middelslag uie geskil en grof gekap
375 ml gerasperde Cheddarkaas
sout en varsgemaalde peper
2 groot eiers geklits
250 ml suurroom (aangesuurde melk werk ook goed)
450 g blik aspersiestukke
15 ml gekapte pietersielie of 5 ml gedroog
Verhit botter en braai ui paar minute tot sag.
Voeg ander bestanddele by meng goed en skep in kors.
Bak 45 - 60 min in voorverhitte oond teen 180 grade C tot geset en goudbruin
Bedien warm of koud met slaai.
bydrae: Arina van Zyl
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
7/11/2008
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment