1 kg calamari-buise, kleintjies werk beter
groot knoffeltoontjies, gekneus
vars sap van 1 lemoen
sout en vars gemaalde swart peper
100ml olyfolie
100 g margarien
peri peri na smaak
vars pietersielie en swart olywe om te versier
Plaas calamari in bak. Meng lemoensap en knoffel, peri peri, olyf olie, sout en peper en gooi oor calamari. Sit in yskas vir ± 1 uur.
Verwarm dikboomkastrol. Dreineer kalamari en braai droog bietjie vir bietjie en roer aanhoudend sodat dit nie aanbrand nie. ´n Bietjie sous kan bygevoeg word indien nodig. Dit moet mooi bruin wees. Haal uit en hou warm.
Bak dan die res op dieselde manier. Voeg botter in pan en smelt. Voeg pietersielie by.
Gooi oor calamari en versier met olywe.
Bedien dadelik.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
7/11/2008
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment