Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/31/2008

Bergkelder - Fleur du Cap

Ek loop my so ´n wyle terug vas in die aanvallige wynmaker van Bergkelder se Fleur de Cap reeks. Op haar uitnodiging gaan ek en Mark met den Slappekar Stellenbosch toe om te kyk wat sy met hierdie trotse Suid-Afrikaanse handelsmerk aangevang het wyl dit in haar hande toevertrou is. Daargekom hoop ek om Helene Carstens in haar Wellingtons en oorjas te sien, maar nee, deesdae se wynmakers is baie meer opgedollie. Bergkelder is ´n baie indrukwekkende attraksie en goed ingerig vir wyntoeriste. Ons word na ´n gesellige proetafel geneem en bederf met die Fleur du Cup reeks. Helene maak vir my en Mark eerstehands touwys in die fyner kunsies van wynproe. Ek kry ook soveel meer waardering vir die wyn deur insae aan die hand van die wynmaker te ontvang.

In die algemeen is die wyne heerlike drinkwyne met uitstekende balans tussen vrugtigheid, hout en alkohol. Die reeks is mynsinsiens ook ´n baie goeie balans tussen kwaliteit en prys. Met ander woorde, wynsnobs soos my vriend J. Louw sal meeste mense met die wyn kan beïndruk sonder om sy sak seer te maak. (ek twyfel of hy gesnyde gras in die sauvignon blanc sal ruik, eerder tropiese vrugte soos die wynmaker aan my uitgewys het). Mark was in sy noppies met die sauvignon blanc, maar ek stem met die wynmaker saam dat die shiraz en die pinotage my gustelinge in die reeks is. (Pinotage beginne dit alhoemeer vir my doen, maar meer lofgesange oor pinotage op ´n latere stadium.) Ek sien ook dat ek en Mark is nie alleen beïndruk is met Helene en haar wyn nie, omtrent al Fleur du Cap se wyne het medaljes gekry op die onlangse Veritas-wynskou. Ongelukkig het ons nie in die dieselfde asem die ongefiltreerde reeks geproe nie, maar glo my gerus dat dit ´n reeks by uistek is. (Ek het by ´n vorige geleentheid kon tap uit die wynmaker se persoonlike voorraad). En lesers, gaan proe gerus die ongefiltreerde wyn in die Fleur du Cap-stal. Volgens die bekende wynguru, Robert Mondavi, gaan ons gaan in die toekoms al hoe meer hiervan op die rakke sien. Moet dus nie onkunde pleit indien julle smaakorgane nie daaraan gaan byt nie. ´n Jarelange dieet van dooswyn kan meeste se proesisteem terminaal beskadig. Dus, gaan heen en gaan oefen. (Meer oor die Fleur du Cap ongefiltreerd volgende week.)

Wyne geproe:
q Sauvignon Blanc R 23.90
q Merlot R 41.39
q Pinotage R 39.90
q Shiraz R 39.90
q Cabernet Sauvignon R 44.30

Bergkelder, in die skadu van die Papegaaiberg te Stellenbosch, sit ook ´n aangename kaasbord op die tafel en leergieriges kan meer te wete kry oor wynmaak en die plaaslike wynindustrie deur ´n DVD lesing by te woon.Vir meer inligting, skakel 021 809 8582.

Sêgoed
"You have only so many bottles in your life, never drink a bad one."

Op Frans, Santé! (gesondheid)

- Kris-Jan Alleman

No comments :

Post a Comment