Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/31/2008

Skemerkelkies

Alles in die lewe het ´n oorsprong, maar partykeer baklei mense om hulle weergawe van die oorsprong as waar en korrek te verklaar. So is dit ook nie anders met skemerkelkies (cocktails) nie. Die oorsprong kan moeilik bepaal word, en gelukkig ook so vir ons, want nou is hier ´n paar interessante stories om te lees.

Gedurende die Revilusionêre Oorlog in Amerika van 1763 tot 1810 het die Franse en Amerikaanse soldate gereeld besoek gebring aan die kroeg Hall's Corner in New York. Daar het die kroegdame ´n drankie bedien wat sy Betsy's Bracers genoem het. Amerikaanse soldate het gereeld hoenderhane gesteel by die Britse troepe. Nou is die storie onduidelik, maar lyk my die hane het saam met die manne gaan drink.

Elke keer as hulle Betsy's Bracers gedrink het, het die Amerikaanse soldate geskreeu "Here's to the divine liquor which is as delicious to the palate, as the cock's tail is to the eye", waarop die Franse soldate dan geskreeu het "Vive Le Cocktail".

´n Volgende storie is van ´n ander kroeg ook in New York waar die kroegeienaar stories aan die kliënte vertel het en ook sy mooi dogter daar laat werk het om guns te wen by sy kliënte. Peggy, die eienaar se dogter, het glo ´n sterk en gevaarlike konkoksie gemaak, waarvan sy die resep geheim gehou het.

Peggy was verlief op ´n matroos en toe hy eendag terugkom van sy ervaringe af het hy en sy geliefde vegtende hoenderhaan saam gehad. Die hoenderhaan se naam was Lighting. So het Peggy dan vir die matroos en die haan ja gesê. Die aand na die troue in die bed, toemaar ek weet, het Lighting gekraai (of het hy dalk gelag) en een van sy stertvere het losgekom en in een van die drankies geval. Peggy was so opgewonde (oor ´n haan se veer, ek glo nie) dat sy uitgeroep het Lighting het die drankie sy naam gegee "Cocktail".

Hier is ´n paar ongewone mengeldrankies.
My gunsteling:

Jalatini
Hierdie een sal jou bloedgroep verander.
rissie
2 dele wodka
½ teelepel fyngekapte jalapeno
½ teelepel gerasperde suurlemoenskil
fyngekapte knoffel na smaak
ys

Plaas ´n klein rissie in die glas. Plaas die ander bestanddele in ´n cocktail shaker en skud goed. Gooi in glas en geniet.

SA Cocktail
Hier is nog ´n egte Suid Afrikaanse cocktail. Nou wonder ek wat sal ´n mooi Afrikaanse woord wees vir cocktail. Hoendergatvere? Laat weet my asb. wat ons cocktails kan noem in Afrikaans. Die regte benaming is mos skemerkelkie / mengeldrankie maar kan ons nie ´n ander benaming kry nie.

kruisementblare
½ sopie mampoer, verkieslik pynappel
2 dele Cape Velvet
Ys


Kneus die kruisementblare en gooi in cocktail shaker saam met mampoer.
Gooi Cape Velvet en ys by.
Skud drink en geniet.

- Frik Lombard

No comments :

Post a Comment