1 blik bone in tamatiesous
1 blik suikerbone
250 ml bruin lensies
2 uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gesny
5 ml vars gemmer, gerasper
10 ml olyfolie
5 ml kaneel
15 ml kerriepoeier
5 ml gemaalde komyn
5 ml gemaalde koljander
15 ml borrie
1 blikkie gekapte tamaties
sout en swartpeper
Kook die lensies tot sag en dreineer. Hou eenkant.
Braai die knoffel, gemmer en uie in die olyfolie tot sag.
Voeg die kaneel, kerriepoeier, komyn, gemaalde koljander en borrie by. Braai vir 1 minuut.
Voeg die tamaties by en prut totdat dit 'n purée begin vorm.
Voeg nou die bone en lensies by en prut tot alles goed verhit is.
Voeg sout en peper by na smaak.
Bedien met Basmati-rys, piesang en 'n groen slaai.
(bedien 4 persone)
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
7/15/2008
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment