Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/15/2008

Salm met tamatie en soetrissie / Salmon with tomato and peppers

genoeg salm vir vier persone
sout en peper
suurlemoensap
4 tamaties
1 rooi soetrissie
1 geel soetrissie
4 sprietuie
30 ml suurlemoensap
sout en peper
60 ml olyfolie
opgekapte pietersielie

Sny die tamatie en soetrissies op in klein blokkies.
Sny die sprietuie fyn op en voeg by tamaties en soetrissies.
Gooi die 30 ml suurlemoensap in 'n mengbak. Gooi sout en peper by en klop die olyfolie by.
Meng al die opgekapte bestanddele en suurlemoensapmengsel saam.
Bak die vis in 'n 200 °C-oond vir 15 minute nadat jy dit gesout -peper het en bietjie suurlemoensap oorgedruk het.
Skep die slaaimengsel op die vis voor opdiening en strooi pietersielie oor.

Bedien saam met aartappels en Engelse spinasie.

(bedien 4 persone)

No comments :

Post a Comment