60 g spinasieblare
30 g dennepitte
5 huisies knoffel
150 ml olyfolie
5 ml suurlemoensap
5 ml suurlemoenskil, gerasper
pasta van jou keuse, gekook volgens die aanwysings op die pakkie
Parmesan
Plaas al die bestanddele behalwe die pasta en die kaas in 'n voedselverwerker. Maal fyn.
Meng die spinasiepesto by die warm pasta en bedien met Parmesan.

No comments :
Post a Comment