Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/21/2008

Suurvyekonfyt

Jy mag nie meer suurvye pluk in die veld nie, maar indien jy gelukkig is om iewers dit op 'n wettige wyse te bekom kan jy hierdie uiters gewilde konfyt maak.

1 kg suurvye
100 g sout
6 liter water
1 kg suiker
1 stokkie kaneel
Sny die suurvye se punte af, spoel dit goed af en week oornag in 5 liter van die water en die sout.
Gooi die water af, spoel af en skil af.
Maak 'n stroop van die oorblywende water, suiker en kaneel.
Bring tot kookpunt en voeg die vye by. Kook tot die vrugte blink en die stroop dik is - so 1 en 'n half tot twee ure.
Bottel dadelik in warm, droeë, gesteriliseerde flesse en seël goed.

No comments :

Post a Comment