Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/16/2008

Fettuccine met suurlemoen, basiliekruid en parmesaan / Fettuccine with lemon, basil and parmesan

500 g Fettuccine
50 ml vars suurlemoensap
150 ml olyfolie
150 g Parmesan, gerasper
sout
varsgemaalde swartpeper
80 ml basiliekruid, gekap
gerasperde skil van twee suurlemoene

Kook die fettuccine volgens die aanwysings op die verpakking.
Klop die suurlemoensap terwyl jy die olyfolie stadig bygooi. Dit sal begin dik raak.
Roer die parmesaan by.
Voeg sout en peper by die mengsel voor jy dit met die pasta meng.
Meng die basiliekruid en suurlemoenskil by die pasta.

No comments :

Post a Comment