Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/16/2008

Meringues (Skuimpies)

Volgens oorlewing het die Franse koningin Marie Antoinette so baie van meringues gehou dat sy hulle self gemaak het.

8 eierwitte
500 g versiersuiker

Gooi die suiker en eierwitte in 'n mengbak wat oor warmwater sit wat op lae hitte aan is. Klop die mengsel tot dit baie styf is en vorm behou. Jy kan nou 'n kleur of geurmiddel byvoeg en dit in 'n spuit sit om vormpies te maak op 'n geoliede bakplaat of op bakpapier op 'n bakplaat. Bak vir omtrent 2 ure in 'n baie koel oond.

Resep 2

Petro van der Westhuizen

Klits 2 eierwitte tot styf. Meng met halwe koppie strooisuiker en knippie kremetart. Klits weer, druk in koekiespuit en druk uit.


No comments :

Post a Comment