Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/16/2008

Penne Novelli

500 g penne
50 g gerasperde Parmasan
75 ml Mascarpone
50 g bloukaas, gekrummel
45 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
30 g vars basiliekruid
120 g roket
30 ml suurlemoenskil, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
240 ml songedroogde tamaties wat gerehidreer is.

Kook die penne volgens die aanwysings op die pakkie.
Smelt die kaas saam met die knoffel, olyfolie en basiliekruid in 'n pan oor lae hitte.
Roer die roket, suurlemoenskil en sout en peper by tot die roket verwelk het.
Roer die mengsel en die tamaties deur die gaar pasta.


No comments :

Post a Comment