Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/21/2008

Gebraaide baars met salsa / Fried Bass with Salsa

'n Baars is op sy lekkerste gebraai. Nadat jy die vis skoongemaak het moet die filette eers in varswater lê met 'n knippie sout by vir vier ure.

Gooi sommer goed knoffel en peper oor die vis en smeer dit met olyfolie voor jy dit braai. Braai jou baars oor medium kole tot die vis begin vlok.

Meng die volgende goed en laat staan vir 30 minute voor jy dit oor die vis bedien:

3 opgekapte tamaties
¼ uie, opgekap
1 rissie, opgekap
5 ml sout
40 ml witwynasyn

No comments :

Post a Comment