Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/21/2008

Tjaila biltongsop

125ml (½k) botter
2 beesvleisaftrekselblokkies
2t gemaalde swartpeper
½ t neutmuskaat
½ t koljander
250ml koekmeelblom
500ml melk
1½ liter kookwater
1 k gerasperde cheddar
200g fyngekerfde biltong
room & port (Opsioneel)
100g bloukaas, gerasper of gekrummel

Smelt botter in kastrol, krummel vleisaftrekselblokkies oor en voeg die speserye by. Roer die meel in, meng water en melk, voeg dit by die meelmengsel, hou aan met roer, jy soek nie klonte nie!
Verwyder sop van die stoof en roer die cheddar en helfte van die biltong in. Moenie die mensel weer laat kook nie, hou net warm.
Roer 'n bietjie room en port in net voor opdiening.
Skep sop in bord, sprinkel orige biltong oor en krummel bloukaas oor.

Geniet dit!

Resep: Adri van Wyk

No comments :

Post a Comment