Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/27/2016

Appelkoos-blatjang

Blatjang is altyd ’n handige bestanddeel as dit kom by die voorbereiding van peuselhappies.

’n Goeie blatjang moet nie te dun wees nie. As dit uitgeskep word moet dit as ’n hopie bly staan.

Dis makliker om jou blatjang te koop, maar die kwaliteit van tuisgemaakte blatjang is normaalweg net soveel beter.

250 g uie
250 g ontpitte rosyne
250 g gedroogde appelkose, oornag in water geweek
250 g suiker
30 mℓ sout
7,5 mℓ fyngekapte rissie
7,5 mℓ fyngekapte gemmer
7,5 mℓ fyngekapte koljander
1,125 liter witasyn

Kook die appelkose, rosyne en uie in die helfte van die asyn tot sag.

Plaas die mengsel in ’n voedselverwerker en maak fyn soos jy verkies.

Voeg die res van die bestanddele by en kook die mengsel tot dit dik is.

Verseël in bottels.



As jy natuurlik sou verkies om jou lyf Mev. Balls te hou, klik op die skakel vir die resep.

No comments :

Post a Comment