Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/22/2008

Geroosterde botterskorsieslaai met roket / Roasted Butternut Salad with Rocket

Maak 'n slaaisous van die volgende bestanddele en plaas eenkant, sodat die geure kan ontwikkel:

1 knoffelhuisie, fyn opgesny
15ml Dijon mosterd
15ml sjerrie-asyn
60ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper.

100 g spek (dun repies)
1 botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
15ml olyfolie
100g gevlokte amandels, vinnig gerooster
300g roket
sout en varsgemaalde swartpeper

Braai die spek onder 'n oondrooster tot dit bros is. Hou warm.
Plaas die botterskorsie in dieselfde oondbak, gooi die olyfolie en sout en peper by en rooster tot bruin, ongeveer 30 minute.
Meng al die bestanddele saam in 'n slaaibak en gooi die slaaisous oor.
Bedien dadelik.

(bedien 2)

No comments :

Post a Comment