1,25 kg suiker per 1 kg vrugte
1,5 liter water per 1 kg suiker
50-60 ml suurlemoensap per 3 kg vrugte
Gebruik vye wat goed uitgeswel is, maar waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur nie.
Krap, rasper of skil vye baie dun af en behou steeltjies. Sny 'n kruisie aan die onderpunt van elke vy.
Bepaal massa en prik.
Laat vye oornag in kalkwater of koeksodawater / 25 ml gebluste kalk - 45 ml koeksoda per 5 liter water. Haal uit en spoel deeglik af.
Sit vye in en 'n paar vyeblare in kookwater en kook tot sag maar nie pap nie, ±15 minute. Sit die vye in stadig kokende stroop en kook matig vinnig tot vrugte goed deurgekook is, ± 30 minute.
Laat stroop afkoel en lig vrugte uit die volgende dag.
Kook stroop weer en sit vrugte by kook ± 5 minute of totdat dit reg lyk.
Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël deeglik. Vrugte kan met skille ook gebruik word maar die kooktyd in water moet verleng word.
bydrae: Petro van der Westhuizen
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
7/05/2008
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment