Maak 6 harders mooi skoon. Gooi dit in 'n plastiese sak, voeg 2 eetlepels droë gebreekte rissies by (nie rooi peper nie). Voeg dan 2 eetlepels bruinsuiker by, seël die sakkie en skud goed. Los in yskas vir 1-2 ure. Braai oor matige kole vir so 5-10 minute.
Onthou die is 'n vingerete, tuisgebakte of blikbrood is lekker saam, en moenie die vye jam vergeet nie.
Lekker ligte wit Swartland wyn is 'n wenner.
bydrae: Johan Lotter
Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment